Thursday 22 May 2014

TIDDY OGGIES (pastytjie)



TIDDY OGGIES
BRON: MARI LOUIS (MARKDAG KOOKBOEK)
DEEG
3k koekmeel...
5ml sout
100g koue botter gerasper
175ml koue water
Melk om oor te smeer

VULSEL
400g beesvleis in baie klein blokkies gesny
4 aartappels geskil en blokkies gesny
2 uie gekap
2 wortels geskil en in blokkies gesny
10ml sout
5ml swartpepe fyn
150ml biefaftreksel
DEEG
Sif die meel en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die water bietjie vir bietjie by, terwyl jy met die steel van n houtlepel roer tot n ferm deeg vorm. Stuif meel liggies oor n werkoppervlak en knie tot n gladde deeg.
VULSEL
Meng al die bestanddele vir die vulsel saam. Verdeel die deeg in 6 ewe groot dele. Rol elke stuk in n sirkel van ongeveer 23cm uit en sny oortollige deeg af. Verdeel die vulsel in 6 ewe groot porsies en plaas dit in die middel van elke stuk deeg. Maak die rande van die deeg klam en bring die kante in die middel bymekaar. Knyp die rande teenmekaar vas en druk dit toe sodat dit n riffelpatroon en n kartelrand vorm. Pak die pasteitjies op die bakplaat. Prik die bokante op n paar plekke sodat die stoom later daardeur kan ontsnap. Smeer die bokant met melk en bak vir 2 ure.