Wednesday 28 May 2014

STOKKIE WORSROLLETJIES




STOKKIE WORSROLLETJIES
BRON: HUISGENOOT
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: sowat 20 minute
Staantyd: sowat 1 uur...
Baktyd: sowat 40 minute

400 g dun boerewors

sowat 500 g brooddeeg
50 g botter, gesmelt
tamatiesous om mee voor te sit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Week 8 sosatiestokkies in water. Sny die wors in stukke van sowat 10 cm en ryg elke stuk op ’n sosatiestokkie. Verhit ’n riffelpan en braai die wors tot amper gaar. Laat afkoel.
Laat rys die deeg sowat 20-30 minute. Knie dit af op ’n meelbestrooide werkoppervlak en deel dit in ewe groot
balle. Vorm lang deegworse. Draai hulle om die gebraaide wors en knyp die punte aan die bo- en onderkant van die wors vas. Plaas die rolletjies op ’n gesmeerde
bakplaat en laat rys sowat 20 minute. Smeer die rolletjies met die botter en bak
20-30 minute of tot gaar. Sit voor met tamatiesous of selfs stukke vars tamatie.