Wednesday 28 May 2014

Maak jou eie kerse

Holm se madeliefie-kerse:






Jy benodig:
Wit kerse (redelik baie gewone goedkoop/oorskietkerse)
Kerskleursel: blou, groen en geel
Tou
Silindriese plastiekvorm (verkieslik een met 'n gaatjie in die bodem) vir
kersvorm.
Geur vir kers (ons het ʼn laventel essensiële olie gebruik)
Kartonreghoekie met gleuf in middel geknip om die lont op sy plek te hou


Vir die madeliefies:
Smelt die wit kerse op hoë hitte en meng ʼn paar druppels van die geel kleursel by.
Gooi, sodra dit gesmelt het, dadelik die was in 'n plat bakplaat. Wanneer gestol, maar nog sag genoeg om te sny, kan jy klein ronde vormpies daaruit sny (vir die binnekant van madeliefie).

Smelt nog wit kerse en gooi in 'n ander bakplaat uit. Sny madeliefievormpies (5cm
- 10cm) uit, en druk die geel 'kolletjies' (wanneer hard) in die middel van jou
(sagte) blommetjies. Druk dit teen die binnekant van die silindervorm – sodat hul
kan buig tot die gewenste vorm en haal uit om hard te word.

Vir die kers:
Ryg die tou (reeds in bietjie was gedoop) deur silindriese vorm se gat in bodem tot heel bo. Smelt nog 'n paar wit kerse op hoë hitte. Sodra gesmelt, voeg kleursel
(bv. groen) en geursel by (net 2/3 druppels). Meng.
Gooi 'n klein bietjie in die bodem van jou silindriese houer. Druk jou
eerste blommetjie teen die rand van die houer, sodat dit halfpad deur groen kleursel
bedek word (en vassit teen die rand).

Gooi nog groen kerswas by, totdat die blommetjie net bedek is. Herhaal die proses met die res van die madeliefies, totdat die houer gevul is. Trek nou die tou na die middel van die houer, en plaas die karton oor die houer. Laat rus die tou regop in die middel van die silindervorm oor die karton.

Laat staan oornag.

Haal die kers uit die houer wanneer dit hard is en haal die bedekkende groen was bo-oor die blommetjies met ʼn stomp mes af sodat die blommetjies mooi wys.

(Pasella)