Wednesday 21 May 2014

Spinasie- en ertjierisotto met Forel



Spinasie- en ertjierisotto met Forel

Bedien 2
60gr. Botter
½ Ui, fyngekap
2 Knoffelhuisies
1 K Arborio Rys
1/3 K Witwyn
3 K Aftreksel
Groot handvol Babaspinasie
¾ K Ertjies
100gr Parmesaankaas, gerasper
Room na smaak
Vars Dillepiekel, grof gekap
Forelfilet, liggies gerook
Olie vir braai
Geroosterde tamaties, vir garnering

• Bring ‘n groot pot water tot kookpunt. Berei ‘n bak met ys en ‘n bietjie water voor. Voeg die spinasie by die kokende water en verwyder na 20 sekondes. Plaas onmiddellik in die yswater. Herhaal die proses met die ertjies.
• Verwyder die groente uit die yswater en plaas in ‘n vergiettes om te dreineer.
• Begin die risotto deur die botter te smelt in ‘n groot kasserol. Voeg die uie en knoffel by sodra dit gesmelt is. Roer totdat dit byna sag is, voeg die rys by en roer tot dit goed bedek is.
• Voeg die wyn in die pot, roer en kook totdat dit byna droog is. Voeg nou die aftreksel by, slegs ‘n paar lepels op ‘n keer. Voeg meer aftreksel by sodra die risotto byna droog is.
• Plaas die spinasie en ertjies in ‘n voedselverwerker terwyl die risotto kook. Pulseer totdat dit ‘n growwe tekstuur het.
• Die kooktyd vir die risotto is ongeveer 20 minute. Proe die risotto sodra die aftreksel opgebruik is. Roer die spinasie- en ertjiepuree in, gevolg deur die gerasperde kaas en room. Geur met sout, peper en vars dillepiekel en hou warm terwyl die forel kook.
• Verhit ‘n nie-klewerige pan en bedruip met ‘n paar druppels olyfolie. Sodra warm, plaas die forelfilette met die vel na onder in die pan en kook vir ongeveer 2 minute. Draai die filette versigtig om en voeg die tamaties in dieselfde pan. Die forel behoort gaar te wees in minder as ‘n minuut. Verwyder uit die pan en hou warm terwyl opgedien word.