Thursday 22 May 2014

Elma se vleisbeskuit (Frikkadel in deeg gebak)




Elma se vleisbeskuit (Frikkadel in deeg gebak)
Bestanddele
500g maalvleis
 1 eier
 ¼ groenrissie, opgekap
 1 knoffelhuisie, fyngemaak
 1 ui, gerasper
 ½ koppie meelblom
 1 teelepel bakpoeier
 sout en peper
 brooddeeg

Metode
Meng al die bestanddele saam (behalwe die brooddeeg) - sit 'n bietjie warm water by as dit te droog is.
 Rol dit in balletjies.
 Vou die deeg om elke frikkadel.
 Plaas die balletjies in broodpan soos mosbolletjies langs mekaar.
 Bak teen 180 grade vir 30 minute.

(RSG)