Wednesday 21 May 2014

Lemoen Pannecotta



Lemoen Pannecotta

Bedien 4 - 6

1.2 L room
2 Vanieljepeule
Geskaafde skil van 2 lemoene / suurlemoene
4 t Gelatien
150 ml Koue Melk
150 ml Versiersuiker, gesif
Vars vrugte vir bediening


• Verminder 900 ml van die room stadig saam met die vanieljepeule en die skil van die lemoen / suurlemoen. Verminder tot ongeveer 300 ml.
• Verwyder die skil en vanieljepeule en hou eenkant.
• Week die gelatien in die koue melk vir ongeveer 15 minute. Verwyder die gelatien.
• Bring die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en voeg die geweekte gelatien by. Roer om op te los. Voeg by die verminderde room.
• Klop die oorblywende 300 ml room totdat styf, voeg die gesifte versiersuiker by en meng deeglik. Voeg nou die afgekookte room met die gelatien by die geklopte room en roer versigtig tot glad.
• Plaas ‘n stukkie sitrusskil op die bodem van elke gietvorm en gooi die roommengsel in. Laat toe om oornag vir ‘n paar ure te set. Bedien met vars vrugte.