Thursday 29 May 2014

Speelklei vir kinders




Speelklei vir kinders
1/4 k sout
2 k water
4 e ‘cream of tartar’...
2 e olie

2 k meel
voedselkleursel
Plaas die sout, water, ‘cream of tartar’ en olie saam in 'n kastrol oor medium hitte. Haal van die stoof af sodra dit kookpunt bereik en roer die meel by. Meng goed totdat dit 'n bal vorm. Gooi dit uit op ‘n toonbank en knie met jou hande. Maak 'n gaatjie in die middel en gooi 'n paar druppels voedselkleursel by en knie totdat die kleur eweredig versprei het. Dan is dit reg vir speel!
(Pasella)