Friday 30 May 2014

Sjokolade-‘inval’-koek (gluten-vry)




Sjokolade-‘inval’-koek (gluten-vry)
Sjef Selwyn October se ‘inval’-koek word so genoem omdat dit in die middel insak wanneer dit afkoel – dit moet so wees! Die koek is geskik vir ‘n gluten-vrye dieet omdat dit geen meel bevat nie.
(Bedien 6-8)
...
300 g donker sjokolade
200 g ongesoute botter
6 eiers
100 g strooisuiker
80 g haselneute, gerooster
Smelt die sjokolade en botter oor warm water. Skei die eiers en klits die gele en die helfte van die suiker tot dik en liggeel. Vou die sjokolademengsel by die eiergeel in. Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg die suiker stadig by tot dik. Vou die meringue in by die sjokolademengsel. Skep die beslag in ‘n voorbereide pan en gooi die neute bo-oor. Bak by 180°C vir ongeveer 40 minute.