Friday 30 May 2014

Rogbrood in Broodmasjien




Rogbrood in Broodmasjien
Plaas die bestanddele in die gegewe volgorde in die mengbakkie van die masjien:
 2 eiers
 1 k warm water (so teen 40ºC)
 2 e olie (ek gebruik olyfolie)
 2 e molasse (ek gebruik heuning)
 2 ½ k rogmeel
 ¼ k mielieblom (Maizena)
 2 t lesitien (ek het dit nog nooit bygevoeg nie)
 1¼ t sout
 1 pakkie droë gis
 Gebruik die verstelling vir 'n volgraan broodjie van 1kg op die masjien (Wholewheat basic) sodat die totale tyd sowat 3h40min is. (op my masjien is die tyd 3h15min)