Friday 30 May 2014

Hoendersosaties met rissie-en-ment-gegeurde soba-noedels (koringvry)




Hoendersosaties met rissie-en-ment-gegeurde soba-noedels (koringvry)

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
15 minute, plus marineertyd
Gaarmaaktyd:
10 minute

30 ml sonneblomolie
30 ml sojasous, plus ekstra  vir die noedels
30 ml lemmetjie- of suurlemoensap
50 ml elk gekapte vars ment en koljander, plus ekstra om voor te sit
5-10 ml gekapte vars rissie (of 2-5 ml gedroog)
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g hoenderdyfilette, middeldeur gesny
1 pak koringvrye soba-noedels
15 ml geroosterde sesamsaad
gestoomde vars aspersies om voor te sit

1 Meng die sonneblomolie, sojasous, lemmetjiesap en 30 ml van die ment en koljander saam. Voeg die rissie en knoffel by. Gooi oor die hoenderstukke en laat vir minstens 20 minute marineer.
2 Ryg die hoender op hout-sosatiestokkies. Rooster op ’n riffelpan of braai oor die kole tot gaar. Bedruip met die marinade wat oorgebly het.
3 Kook die noedels in water of hoenderaftreksel. Dreineer en roer die res van die kruie, ’n bietjie sojasous en die sesamsaad by. Sit die hoendersosaties voor met gestoomde aspersies of ander groen groente.