Tuesday 27 May 2014

Resep vir Droe wors



Resep vir Droe wors

Die droee wors resep is maar uit my grootword era daar in die noorde van Suidwes. Dis nou sonder die nuwe snaakse goete wat die mense deesdae in alles ingooi om dit meer na ‘n “take away” te laat proe. Hierdie droee wors is maar soos wat oom Andries Pretorius (Die Groot Trek se mense) dit ook maar gemaak het. 2 kg wilds vleis – dis al wat ons geken het (geen vark nie –dit raak galsterig) 1 kg beesvleis. Die wildsvleis is maar baie droog met ‘n wilde smakie. (opsioneel – almal hou nie van die wilde smakie nie en jy bedek die smakie so bietjie) 500 gr beesvleis vet (geen vark spek) 25 ml sout. 5 ml gemaalde swart peper. 15 ml koljander, gebraai en gemaal 1 ml gemaalde naaltjies. 2 ml neutmuskaat poeier. 125 ml bruin asyn 200 gr dun skaap derms. Maal die vleis grof. En plaas in ‘n groot skottel. Voeg alle bestanddele by en meng goed deur. Laat dit nou staan vir so 2 tot 3 ure sodat die geure kan meng.Intussen plaas jy die derms in water. Net genoeg om dit toe te maak.Ryg nou die derms oor die wors stopper en begin stop. Moenie te styf stop nie en hang waar ‘n lekker droee luggie trek. (maak jou eie droeer– dis baie maklik. ‘n Groot karton met ‘n 40 watt gloeilamp in. Na 3 dae eet jy jou wors en biltong)