Tuesday 27 May 2014

Resep vir Droe wors/Braai wors




Resep vir Droe wors/Braai wors
4.2Kg Wildsvleis
1.3Kg Vet(Brisket vet)
180Ml Bruin Asyn
180Ml Worchester sous
700Ml Yswater
320Gram spice( Crown se Safari wors spice)


Sny die vleis en vet blokkies. Gooi die speseryey,asyn,worchester sous en yswater by, en meng goed.Laat staan oornag. Volgende dag maal die vleis, en stop in derms. Vir droe wors, maal met 4mm gaaitjies plaat in vleismeul, en vir braaiwors gebruik 6mm plaat. Jy kan jou vleismeul ook gebruik om te stop, jy haal net die lemmetjie en die gaaitjiesplaat uit, en die worsderm fitting skroef jy dan net vas. Ek gebruik spesifiek Brisket vet, en nie varkvet nie, omrede as jy wors maak met varkvet, kan jy dit nie so lank vries nie..Ek gebruik hierdie resep al vir jare, en het nog altyd net komplimente gekry. As jy braaiwors maak, en jy braai dit oor die kole, moet dit warm kole wees, en moenie droog braai nie. Ek se weer, ek gebruik dieselfde resep vir Droe wors/Braai wors. Jy kan natuurlik die resep aanpas om jou smaak te pas. - Leon Verster