Monday 26 May 2014

Onderstebo sitrus-amandelkoek




Onderstebo sitrus-amandelkoek
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 55-60 minute
STROOP
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 pomelo en 2 groot lemoene, ongeskil, in kwarte gesny
KOEK
4 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) bruismeel
160 ml (2/3 k) ongesoute botter, gesmelt
250 g fyn amandels
OM VOOR TE SIT
mascarpone-kaas of Griekse jogurt
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer twee vierkantige koekpanne van 20 cm in deursnee of ’n langwerpige oondpan.
  1. Stroop Plaas die strooisuiker, water en vanieljegeursel in ’n kastrol en roer tot die suiker opgelos is. Kook sowat 3 minute tot effens stroperig.
  2. Plaas die pomelo- en lemoenkwarte in die stroop.
  3. Laat prut nog 10-15 minute.
  4. Haal van die stoof af en hou eenkant.
  5. Koek Plaas die eiers, strooisuiker en vanieljegeursel in ’n groot mengbak en klits 8-10 minute tot lig.
  6. Sif die bruismeel oor die eier-mengsel en vou dit daarby in. Vou die botter en amandels in.
  7. Pak die sitruskwarte in die pan(ne) en skep die beslag bo-op. Bak 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  8. Giet enige oorblywende stroop oor die gaar koek sodra dit uit die oond kom.
  9. Om voor te sit Keer uit, sny in blokke en sit voor met die mascarpone-kaas of Griekse jogurt