Monday 26 May 2014

Maak ’n skaduboks

 

Maak ’n skaduboks

Jy benodig
• houtboks
• hout-fotoraam wat oor die boks pas
• versierings vir die boks (memento, foto’s, prente, agtergrondpapier, ens.)
• dun karton
• onderlaagverf
• PVA-verf in die kleur van jou keuse
• sponsroller en verfbak
• 2 klein skarniertjies met kort skroewe
• gomgeweer
• dik alkant-plakband (die sponssoort)
• maskeerband
• handwerkmes en snymat
• liniaal

1 Kies ’n raam wat jy as deksel vir die boks kan gebruik – dit moet oral op die rande pas en effens oorsteek met genoeg plek vir die skarniere. WENK Ons het ons boks by ’n bloemiste gekoop, maar jy kan ook jou eie maak volgens jou raam se mates.
Shadow box Step 1

2 Verf die boks en raam albei binne en buite met ’n laag van die onderlaagverf en laat dit dan heeltemal droog word.
Shadow box Step 2

3 Verf die boks en raam met twee lae van die PVA-verf in die kleur van jou keuse en laat dit ook goed droog word. Ons het Dulux in 70GG39/303 gebruik.
Shadow box Step 3

4 Sit die boks onderstebo op die agterkant van die raam neer, min of meer soos jy dit gaan vasskroef.
Shadow box Step 4

5 Meet en merk met ’n stukkie maskeerband waar jy die skarniere gaan inskroef – probeer die skarniere mooi gelyk met die rand van die raam posisioneer.
Shadow box Step 5

6 Skuif die boks weg en skroef die onderste deel van die skarniere aan die raam vas.
Shadow box Step 6

7 Skuif die boks terug en skroef die boonste deel van die skarniere aan die boks vas. Hou die boks eenkant terwyl jy die versierings gereed kry.
Shadow box Step 7

8 Plak jou prente op karton vas en sny dit met die handwerkmes uit. Vir die driedimensionele effek kan jy twee tot drie lae van dieselfde prent met die sponssoort alkant-plakband aan mekaar plak sodat dit effens weg van mekaar staan.
Shadow box Step 8

9 Sny smal strokies karton, plak die punte aan mekaar vas en vou dit in driehoeke wat jy as stutte vir die prente kan gebruik sodat hulle regop in die boks kan staan. Plak dit agter aan die onderste rand van die prente vas.
Shadow box Step 9

10 Sny en plak die agtergrondpapier in die boks. Ons het ’n gomgeweer gebruik, maar jy kan dit ook met modge podge découpage vir ’n duursamer glans-afwerking. Vir hoogte kan jy die spons-alkant-plakband gebruik.
Shadow box Step 10

11 Plak die res van jou versierings in die boks. Ons het inskroefhakies gebruik om ons hangertjie te monteer. Jy kan hakies aan die agterkant van die boks inskroef as jy die boks teen die muur wil opsit.
Shadow box Step 11
SLIM IDEE Maak vir elkeen van jou kinders ’n skaduboks met iets spesiaals uit hul kinderdae. Behou die raam se glas om dit veilig te bewaar.
(Idees)