Monday 26 May 2014

Suurlemoen-plaatskons




Suurlemoen-plaatskons
VIR 4
BEREIDINGSTYD 10 MINUTE
GAARMAAKTYD 10 MINUTE 

BESTANDDELE
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
30 ml strooisuiker
gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 eiers
450 ml melk
100 ml gesmelte botter plus
  ekstra vir panbraai
Om voor te sit
250 g crème fraîche
100 ml ingelegde lemoen,
  in skyfies gesny
versiersuiker om oor te sif

AANWYSINGS

1 Sif die meel, bakpoeier, sout en strooisuiker saam en voeg die suurlemoenskil by.
2 Meng die eiers, melk en
gesmelte botter saam.
3 Voeg die vloeistof stadig en sagkens by die droë bestanddele en meng liggies tot net glad. Moenie die beslag te veel bewerk nie.
4 Smeer ’n braaipan liggies met botter en skep lepels vol van die beslag in die pan.
5 Bak vir ’n paar minute aan die een kant, draai dan versigtig om
en bak aan die ander kant.
6 Skep uit die pan sodra deurgaar en hou warm.

Stapel drie of vier plaatskons op mekaar op individuele opdienborde en skep lepels vol crème fraîche en stukkies ingelegde lemoen tussen die lae. Drup lekker baie van die stroop van die ingelegde lemoen of vye oor, of heuning as jy bessies gebruik.

Sif versiersuiker oor om af te rond
“Jy kan dungesnyde skyfies ingelegde groenvye of bessies gebruik pleks van ingelegde lemoen, maar die effense bitter smaak van die lemoen werk die heel beste.”