Wednesday 21 May 2014

Gestoofde Varktjops met Pruime en Soetpatats




Gestoofde Varktjops met Pruime en Soetpatats


Olyfolie vir braai
4 Varknek-tjops
2 Uie, grof gekap
4 Knoffelhuisies
3 Heelster-Anys
3 Naeltjies
1 K Witwyn
3 K Hoenderaftreksel
2 Soetpatats, geskil en dik gesny
150gr. Gedroogde pruime, grof gekap
Handvol vars Salieblare, grof gekap
1 E Balsamiese Asyn
Sout en Peper na smaak

• Verhit ‘n kasserol, groot genoeg sodat al die tjops in ‘n enkellaag kan lê. Voeg die olie by, en wanneer verhit, plaas die tjops versigtig in die kasserol. Braai aan elke kant tot goed bruin.
• Voeg die knoffel en uie by, soteer totdat sag. Ontglans die pot met die wyn en voeg die aftreksel na ‘n minuut by. Roer goed en maak seker dat al die tjops bedek word.
• Kook vir ongeveer 40 minute op medium-hoog totdat die tjops begin sag word en die kookvloeistof effens verminder het.
• Voeg nou die soetpatats en pruime by. Plaas die deksel op totdat die patats begin sag word.
• Voeg die Balsamiese Asyn en vars salieblare by en toets vir geurmiddels.
• Bedien met verwelkte spinasie en saggekookte broccolistammetjies.