Thursday 22 May 2014

Harlekyn-omelet




Harlekyn-omelet

 

Bestanddele
Spinasie-puree:
½ k gekapte spinasieblare
1 t room
Tamatie-puree:
2 t (5 ml) olie
1 ui, fyn gekap
2e (25 ml) tamatie-pasta (gekonsentreerde tamatiepuree)
Harlekyn omelet:
3 e olie
18 eiers
spinasie-puree (resep bo)
½ k Parmesaankaas, gerasper
tamatie-puree (resep bo)
sout en gemaalde swartpeper

Metode
Spinasie-puree:
Blansjeer die spinasie en plaas in ‘n voedselverwerker met die room.
Verwerk tot ‘n gladde puree.
Tamatie-puree:
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie tot goudbruin en gaar.
Voeg die tamatie-pasta by en braai vir nog 2-3 minute.
Harlekyn omelet:
Voorverhit die oond tot 160°C.
Voer ‘n broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Klits 6 eiers in ‘n mengbak, voeg spinasie-puree by en geur goed met sout en swartpeper.
Verhit ‘n braaipan met 1e olie.
Giet die spinasie-eiermengsel daarin en roer vir 2-3 minute todat die eier begin stol.
Skep die roereier in die voorbereide broodpannetjie.
Klits nog 6 eiers in ‘n mengbak, voeg Parmesaankaas by en geur goed met sout en swartpeper.
Verhit ‘n braaipan met 1e olie.
Giet die eiermengsel daarin en roer vir 2-3 minute todat die eier begin stol.
Skep die roereier bo-op die spinasie-laag in die broodpannetjie.
Klits die laaste 6 eiers in ‘n mengbak, voeg tamatie-puree by en geur goed met sout en swartpeper.
Verhit ‘n braaipan met 1e olie.
Giet die tamatie-eiermengsel daarin en roer vir 2-3 minute todat die eier begin stol.
Skep die roereier op die Parmesaan-laag in die broodpannetjie.
Plaas die broodpannetjie in ‘n waterbad en bak die harlekyn omelet vir 10-15 minute.
Keer die omelet uit, sny in skywe en bedien warm met roosterbrood.


(RSG)