Thursday 22 May 2014

Gerda se blêr-blêr blerrie lekker lewer




Gerda se blêr-blêr blerrie lekker lewer

 

 
Bestanddele
500g skaaplewer
3 uie, in ringe gesny
½ koppie Worcestersous
½ koppie tamatiesous
½ koppie rooiwyn
bietjie olie en botter

Metode
Maak die lewer skoon en sny dit in skyfies.
Braai die uie in die olie en botter tot deurskynend.
Voeg die res van die bestanddele by en laat dit vir 20 tot 30 minute stadig prut met die deksel op.

(RSG)