Thursday 22 May 2014

Francois se smelt-in-die-mond-skenkel (Springbokskenkel)




Francois se smelt-in-die-mond-skenkel (Springbokskenkel)

 

 
Bestanddele
1 Springbokskenkel
sout en witpeper
1 swart pot
1 takkie roosmaryn
½ koppie rooiwyn

Metode
Smeer die skenkel met die sout en peper.
Plaas dit in 'n bietjie olie in die swartpot, saam met die takkie roosmaryn.
Voeg rooiwyn by.
Laat dit stadig bak teen 140grade vir 3 tot 4 ure.
Dit sal heerlik sag wees.