Wednesday 21 May 2014

Fetakaas- en Kruiebrood



Fetakaas- en Kruiebrood

Genoeg vir 1 brood

2 K gewone meel
1 E Bakpoeier
3 Eiers
100ml. Olyfolie
250ml. Melk
Swartpeper
200gr. Fetakaas, gekrummel
100gr. Gruyere, gerasper
6 Mentblare
2 Takkies Roosmaryn

• Voorverhit die oond tot 180°C.
• Sif die meel en bakpoeier in ‘n mengbak.
• Voeg die kase, peper en kruie by. Roer totdat die beslag n sag-druppende tekstuur bereik.
• Meng die eiers, meel en olie saam. Voeg dit nou geleidelik by die meelmengsel totdat glad.
• Skep die mengsel in ‘n voorbereide broodpan en bak vir 50-60 minute of totdat die steekpen skoon uitkom.
• Laat toe om in die broodpan af te koel vir 5 minute alvorens dit uitgekeer word. Koel dan heeltemal af.