Thursday 22 May 2014

Alphia se groentekluitjies (Groentemuffins)




Alphia se groentekluitjies (Groentemuffins)

 

 
Bestanddele
2 eetlepels botter
1 ui, fyngekap
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 wortel, gerasper
400g murgpampoentjies, gerasper
2 eetlepels meel
1 teelepel droë mosterd
3 eiers, geklits
knippie sout
½ teelepel neutmuskaat
2 eetlepels pietersielie, fyngekap
100g Cheddarkaas

Metode
Braai ui en knoffel in botter.
Voeg die wortel en murgpampoentjies saam.
Roer goed.
Meng die res van die bestanddele.
Voeg alles bymekaar.
Meng goed.
Plaas dit in 'n muffinpan, of 'n groot gesmeerde tertbak.
Bak vir 20 tot 30 minute teen 180 grade.

(RSG)