Tuesday 29 April 2014

Wenke vir Suurlemoen Meringue Tert



Wenke vir Suurlemoen Meringue Tert:
1. Klits eierwitte tot styf, gooi die strooisuiker geleidelik by en klits tot die meringue baie styf en blink is. Gooi die mielieblom bo-oor, asook die asyn. Klits weer deur tot alles gemeng is. Skep die meringue bo-op die vulsel
15 ml mielieblom (Maizena)
5 ml wit asyn...
Die mielieblom en asyn help dat die meringue sy vorm behou - indien jou meringue gereeld platval nadat dit gebak is, probeer gerus die mielieblom en asyn.

2. Suurlemoen meringue is geneig om ’n stroop tussen die vulsel en die meringue te maak sodra dit afkoel. Ek het gevind dat dit help as jy die vulsel vir vyf minute in die oond sit voordat jy die meringue opskep.
3. Gooi 'n bietjie droë maizina oor tert voor jy die eierwitte posit. Dit sal maak dat die eierwit nie loskom van die tert af nie.