Tuesday 29 April 2014

Bedsokkies


 

Ansie Oelofse ~ Hi julle! Ek het maar die patroon by my ouma gekry, so uit die kop uit. Dit hang maar net af van hoe groot jou voet is, of hoe hoog jy hom ...in die kant wil laat opgaan. Met gewone double knit wol kan jy so 32 steke opsit. Soos ek gese het, dit hang maar net af van jou voet groote. Begin maar net met "Plain" en brei 10 steke die 11de een "purl" en dan weer 10 "Plain" en die 11de een "Purl" en "Plain tot einde toe. Volgende ry dieselfde en dan maak dit die riffeltjie wat dan lyk asof dit die sooltjie moet wees. Brei tot lank genoeg, nie te lank nie, want dit moet nog bietjie rek sodat dit nie uit jou voet glip nie. Laastens brei jy die "Ribbing" voor dat jy dit dan afeindig. Los maar n lank genoeg stukkie wol wannee jy afeindig, want met die wol ryg jy nou sommer so van die een punt na die ander deur en trek styf. Werk dan so entjie bo-op die voet toe asook agter by die hakskeen. Dis sekerlik die maklikste sokkies ooit om te brei. Ek dink ek het my eerste paartjie al in st. 3 gebrei...lol many moons ago... Geniet dit ...