Tuesday 29 April 2014

LEMON MERINGUE



LEMON MERINGUE

Die resep vir die BESTE Lemon Meringue ooit. Die geheim is die mielieblom en asyn - bitter min meringue-resepte het dit in en ek kan nie verstaan waarom nie! Dit help die meringue om sy vorm te behou en keer dat dit nie platval nie.

200g-pakkie Marie beskuitjies
80 g margarien, gesmelt
3 eiers, geskei
397-blikkie kondensmelk


125 ml suurlemoensap
125 ml strooisuiker
15 ml mielieblom (Maizena)
5 ml asyn

 Maak die beskuitjies fyn en meng dit met die margarien. Druk op die bodem en kante van 'n gesmeerde tertbord vas. Meng die eiergeel en kondensmelk saam. Roer die suurlemoensap stadig in één rigting by die eiergele. Skep dit in die kors. Klits die eierwitte styf en gooi die strooisuiker geleidelik by. Sprinkel die mielieblom en asyn oor wanneer dit blink en styf is en klits weer goed deur. Bak vir 10-15 minute teen 160 grade tot die meringue effens verbruin.


 Wenke:
Jy kan die gerasperde skil van een suurlemoen by die eiergele inmeng as jy wil. (Ek persoonlik hou nie daarvan nie.)
Somtyds maak 'n meringue 'n strooplaag tussen die geel vulsel en die eierwit. Plaas die vulsel vir 5 minute in die oond voordat jy die meringue opskep en bak dit dan verder.  (resep facebook vriendin)