Friday, 25 April 2014

Vinkel botterbroodjies met koejawel, vye, ham en kaas



Vinkel botterbroodjies met koejawel, vye, ham en kaas
Elsa Buys en Johnny Hamman
Porsies: 15 Porsies

Bestanddele

Botterbroodjies
750 ml meel
15 ml bakpoeier
Knippie sout
60 g botter
250 ml room
250 ml melk
Koejawel sfeer
500 ml suiker
250 ml water
4 koejawels
6 g kalsium chloride
1 liter water
5 g Algin

Instruksies

Botterbroodjies
1. Voorverhit oond tot 200ºC.
2. Meng die meel, bakpoeier, sout en suiker. Vryf die botter in die meelmengsel.
3. Meng die room en melk by die meelmengsel in.
4. Druk botterbroodjies uit. Plaas op gesmeerde bakplaat. Smeer met eier en bak vir ± 20 minute.
Koejawel sfeer
1. Kook die suiker en water saam tot ‘n stroop. Verwyder van die stoof.
2. Puree die koejawels en meng 30 ml van die stroop en die kalsium chloried daarby. Klits in ‘n voedselverwerker tot glad. Hou in die yskas.
3. Klits die water en Algin saam. Gooi teelepelsvol koejawelmengsel in Algin. Kook en draai om vir 2 minute. Haal uit en plaas in ‘n bak water. Plaas in stroop en bêre tot benodig.