Ment, bloubessie en gemmer rooibos-ystee
Linde Watson en Lorraine SwanepoelPorsies: 2.5 liter
Bestanddele
1.2 l kookwater5 rooibos teesakkies
500 ml water
375 ml witsuiker
Sap en skil van 1 suurlemoen
Sap en skil van 2 lemmetjies
3 cm vars gemmer, geskil en in skyfies gesny
Handvol vars mentblare
150 g vars of gevriesde bloubessies
Skyfies suurlemoen of lemmetjies vir versiering
Ys
1 l gemmerlim , of lemonade of sodawater
Instruksies
1. Plaas die teesakkies in ‘n glasbeker en laat die tee trek vir minstens 30 minute, selfs langer as jy kan.2. Plaas water, suiker, gemmer, sap en skil van die suurlemoen en lemmetjies in medium grootte kastrol. Laat mengsel vinnig kook vir 15 min. Hou eenkant om aft e koel.
3. Skeur die mentblare rofweg en laas die blasé saam met die bessies in ‘n vysel. Druk stukkend met stamper, maar nie te pap nie – die bessies moet net-net begin bloei.
4. Plaas bloubessie-mengsel onder in die glasbeker. Hierdie mengsel kan selfs tussen 2 kleiner glasbekers verdeel word. Gooi die gegeurde stroop bo-oor en roer liggies met ‘n roerstokkie. Plaas die suurlemoen en lemmetjie skyfies bo-op.
5. Gooi die rooibostee bo-oor en meng liggies met ’n roerstokkie. Voeg laastens die gemmerlim by en ‘n paar ysblokkies.