Steffi Graff se dadel- en okkerneutkolwyntjies
Alet van der Westhuizen en Marius Uys
Porsies: 12 Kolwyntjies
Bolaag:
¼ koppie koekmeelblom
1 eetlepel witsuiker
¼ teeleple fyn kaneel
2 eetlepels botter
100 okkerneute, gekap
Beslag
1½ koppie koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
½ teeleple koeksoda
1½ teelepel gemengde speserye
½ teelepel sout
½ koppie witsuiker
2 ekstra groot eiers, goed geklits
1 koppie karringmelk
¾ koppie dadels, ontpit en fyn gesny
½ Golden Delicious appel, geskil en gerasper
½ koppie okkerneute, gekap
2 eetlepels suurlemoenskil
Appelkoos- en gemmerkonfyt
1 koppie gedroogde appelkose
1 koppie kookwater
1 koppie witsuiker
1 eetlepel kookwater
1 teelepel gerasperde gemmer
1 teelepel suurlemoensap
Instruksies
Bolaag:1. Voorverhit oond tot 180º2. Meng die droë bestanddele en vryf die botter in met jou vingerpunte tot goed gemeng.
2. Voeg okkerneute by en hou in die vrieskas tot benodig word.
Beslag
1. Sif die droë bestanddele saam en voeg suiker by.
2. Mang dadels, appel en neuter met karringmelk.
3. Meng nou die eiers by die nat bestanddele.
4. Voeg die droë bestanddele by nat bestanddele tot net gemeng.
5. Spuit ‘n standaard kolwyntjie pan met “Spray and Cook”
6. Skep die holtes net ¾ vol.
7. Maak ‘n klein holte in die middle en skep en skep twee teelepls van die krummellaag bo-op.
8. Bak 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Appelkoos- en gemmerkonfyt
1 Week appelkose in kookwater vir 30 minute en dreineer die water.
2. Verhit die suiker, appelkose, suurlemoensap, gemmer en 1 eetlepel water in medium grootte kastrol.
3. Kook mengsel tot by sagtebal-stadium en stroperig.
4. Verkoel konfyt en bedien saam met kolwyntjies.