Sunday 13 April 2014

Verwyder vlekke op klere



Verwyder vlekke op klere

Borrie/Kerrie
• Om borrie vlekke te verwyder was jy die kledingstuk onmiddellik in koue water en waspoeier. Hang in die son om droog te word, daar sal nog 'n ligte vlek sigbaar wees. Was die kledingstuk dan weer en die vlek sal weg wees.
• Week in asyn en laat blyk in die son.
• Spuit Doom op vryf dan met Handy Andy.

• Deurweek kerrie/borrie vlekke met onverdunde witdulsies en vryf liggies - herhaal 2-3 x tot vlek lig is en was dan gewoonweg. As die vlek hardnekkig is, herhaal die proses weer as kledingstuk droog is. Gewoonlik kom dit met die 1ste probeerslag uit. Moenie oor enige vlekke of vetkolle stryk nie - baie moeilik om dit dan uit te kry.
 
Bloed
• Week in baie koue soutwater indien moontlik voordat die bloed droog is vir ten minste ‘n uur - en was daarna met seep in koue water.
• Week oornag in koue water waarby jy growwe sout gegooi het. Sommer so hand of twee vol. Spoel uit en was daarna normaal.
• Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
• Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloed vlekke uit matte uit.
• Gooi Dettol op vlek en laat bietjie in koue water week.
• As bloed reeds droog is,week in oplossing van 15ml sout, 15ml ammoniak en 1 liter koue water.
• Doop watte in onverdunde amoniak en vryf die vlek uit .
• Witdulsies haal ook bloedvlekke uit.

Braaksel klere
Spoel in koue water om soveel as moontlik te verwyder, week in sterk asyn water en was dan normaalweg. As vlekke of reuk nog teenwoordig is, herhaal proses.

Cutex/Naellak
• Om naellak uit duvet oortrekstel te verwyder gebruik witdulsies of acetone (naellakverwyderaar).
• Maak dadelik met absorberende papier of watte skoon. Dep net, moet nooit vryf nie. Toets eers onopsigtelike plek met Acetone, doop dan merk liggies met Acetone, gebruik absorberende materiaal aan onderkant. Herhaal totdat merk uit is. Oorblywende kleur kan met pers spiritus of Thinners verwyder word. Was dan klere met ‘n sterk wasmiddel

Deoderant vlekke
 4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie dettol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
 Detol (nie savlon) haal enige kol uit! Wend skoon aan en vryf die materiaal liggies tussen jou vingers. Vir hardnekkige vlekke herhaal paar keer! Dit haal tot kar olie uit klere!
 • Gebruik asyn om deoderant en antiperspirant vlekke van klere te verwyder. Vryf net liggies die vlekke met asyn en was dan soos normaal.
• Smeer pasta van Handy Andy en waspoeier aan,laat droog word en was soos normaal. 
• Gebruik asyn om deoderant en antiperspirant vlekke van klere te verwyder. Vryf net liggies die vlekke met asyn en was dan soos normaal                                                                                                            
• Smeer met pasta van boraks, laat week... Maak skitterwit.
• Smeer kledingstuk goed in met groen koekie sunlight. Gooi 4 eetl koeksoda en 1k wit asyn in water. Druk kledingstuk onder baie warm water. Roer nou en dan. Week so 3ure. Jy sal verbaas wees wat haal koeksoda en asyn uit jou klere uit.
• Maak 'n paar Disprin tablette fyn, maak 'n pasta met lou warm water, smeer aan vlekke, en laat staan vir 'n uur, voordat normaalweg gewas word.
 
Dooprokke (Geel kleur uit klere wat lank gelê het)  
 4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie dettol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
• Spuit haarsproei op die kol en laat droog word en was met Omo. Bevestig dat dit werk!
• Kry vir jou 'n koekie Sunlight seep. Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met sunlight seep. Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat le dit so nat vir 2 of drie dae. (Moenie weer water bytap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg. Ek het 'n geel dooprokkie so wit gekry. 
• Om enige merke en ook die geel vlekke uit te haal. Baie goedkoop. Die "chemical" winkels wat skoonmaakmiddels sonder 'n naam verkoop.  Daar is 'n produk ons noem dit degreaser. Dis geel  en 'n redelike sterk reuk dit lyk neon geel/groen as jy dit uitgooi. Die produk word net aangespuit  en dan gewas.
• Spuit haarsproei op die kol en laat droog word en was met Omo. Bevestig dat dit werk!
• Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder.

Gras
• Spuit "windolene" op grasvlekke en vryf die kledingstuk.. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal weg wees.
• Gooi Domestos skoon op kolle gras of modder, vryf liggies, laat staan klein rukkie en was gewoon weg. Maak nie  broeke geel soos jik nie
• Dep gras vlekke met pers spiritus, was dan deeglik in seepwater.
• Week wit klere en linne in mengsel van ammoniak en water.
• Bedek vlekke op gekleurde materiaal met mengsel van parrafien en gliserien en laat staan vir ‘n uur voordat gewoonweg gewas word.
• Deurweek die vlek met asyn wat in ‘n skoon spons gedoop is, en dep liggies om vlek te laat loskom. Vir hardnekkige vlekke maak pasta van asyn en koeksoda aan en borsel met ‘n tandeborsel in vlek in. Was dan soos gewoonlik

Haarkleursel (klere)
• Om haarkleursel uit klere te kry, spuit haarsproei of Doom aan voordat dit droog word. Was dan met sunlightseep en water.
• Smeer Savlon aan, vryf en was.
• Domestos haal vlekke dadelik uit.

Hekelwerk
Smeer ‘n dik laag sunlightseep op die vlekke en hang dan in die son.

Ink
• Meng 1 eetl wit asyn, 1 eetl melk, 1 teel Boraks en 1 teel suurlemoensap. Smeer aan ink kol, los vir omtrent 10 min, dep dan met ‘n skoon spons en koue water totdat die kol weg is.
• Gebruik witdulsies, brandspiritus of gliserien en ‘n paar druppels ammoniak.
• Week in Dettol, vryf bietjie en was dan gewoonweg.
• Gebruik brandspiritus (methylate spirits), alkohol of haarspoei (die tipe met alkohol in en wat in 'n blik verkoop word) om Balpunt pen ink-kol te verwyder. Sit die gevlekte materiaal op ‘n droë stuk watte. Deurweek nog ‘n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met ‘n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei goed aan die vlek, laat staan vir 30 min, en dep met skoon stukkies watte of spons en koue water Dit sal dalk nodig wees om die proses ‘n paar keer te herhaal..
• Jy kan ook eau-de-cologne( te koop by apteke) of wit tandepasta gebruik (nie gel soort).
• Vir balpuntink op leer banke, deurweek vlek met haarsproei (tipe wat in ‘n blik is) los aan vir ‘n paar minute, maar moenie laat droog word nie. Borsel dan liggies met ‘n oplossing van asyn en water. Herhaal proses vir hardnekkige vkekke, merk sal ligter word elke keer as jy haarsproei aanspuit.
• Maak skoon met brand spiritus, vryf dan suurlemoen oor en was.
• Week in Rubbing Alcohol vir 30 min, dep dan met spons wat in koue water gedoop is.
• Smeer Golgate, Handy Andy en Brasso aan merke, hang kledingstuk vir ‘n halwe dag in son, gebruik lekker warm water en vryf die merke goed.
• Doom (die groen blik)!
• Spuit goed nat met WD40, spoel af na ‘n minuut of twee.
• Skeerroom (die room, nie die gel) Spuit ‘n bietjie aan die merk, wag 30 min, spoel dan onder koue water terwyl liggies gevryf word met vingers.

Jodium
’n Jodium vlek kan uit witgoed gehaal word deur die vlek in alkohol of ammoniak te week. Verwyder alle soorte vlekke dadelik voordat die keldingstuk gewas word.

Kerswas
• Plaas artikel in ‘n plastieksak in die vrieskas vir ‘n paar uur. Die was sal hard word en maklik afkrap.
• Plaas bruinpapier of koerantpapier oor vlek en stryk met warm yster daaroor.
• Vir gekleurde was, was artikel met brandspiritus en spoel uit.
• Skraap die harde stukke af, vryf dan die kol goed met parafien en was dan met warm seepwater

Koffie & Tee
• 4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie detol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
• Miracle vlekverwyderings middel: Meng 1 kop sunlight Liquid, 1 kop Jik en 7 teel koeksoda op 2 liter warm water. Spuit op vlekke en laat staan ‘n paar minute. Was soos gewoonlik. Vlekke weg!!
• Maak ‘n mengsel van gliserien en die geel van ‘n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue water.
• Vryf die kol met gliserien en was dit daarna met verwaterde oplossing van ammoniak. As dit nie werk nie week die artikel oornag in waterstofperoksied en was die volgende dag met seepwater.
• Koffie merke op matte moet dadelik behandel word. Spons met Boraks en warm water. As merk bly, spons aanhoudend met koue water. Werk vloeibare ontsmettingsmiddel in kol in, spoel dan goed met lou-warm water.
• Hardnekkige teevlekke kan in mengsel van borax en warm water geweek word, voordat gewas word.
• Smeer boraks oor en gooi kook water deur.
• Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder.
• Gooi wit asyn op kol, spoel en was dan soos gewoonlik. Herhaal as nodig.

Kraag van hemde
• Maak ´n pasta van drie dele koeksoda en twee dele wit asyn en vryf dit aan die kraag. Laat staan vir ‘n uur, en was dan.
• Gooi Handy Andy op, laat staan vir ‘n paar uur, vryf bietjie, en was dan soos gewoonlik.
• Smeer haarsjampoe aan, vryf bietjie, en was gewoonweg.

Kougom
• Kook wit asyn, en gooi kokende asyn oor die kougom, dit sal oplos!
• Verwyder kougom uit jou klere deur die taai kol met grondboonbotter te smeer! Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So ‘n klein bietjie vryf en alles is uit.
• Plaas in plastieksak in vrieskas vir ‘n paar uur. Krap kougom af terwyl dit hard is.
•Vryf ‘n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit ‘n vlek los, druk ‘n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teels en materiaal.
• WD40- Spuit aan, los paar minute, vryf bietjie en was dan gewoonweg.

Gom
• Brandewyn op gom merk werk soos n bom.
• Bietjie doom of raid, spyt dit op die gom en vee dit af met ‘n lappie ‘n dan was jy dit!
• Googone (koop by kunswinkels)

Boomgom
• Eucalyptus oil
• Spuit Doom op, los ‘n rukkie en vryf dan met Sunlightseep, was soos gewoonlik.

Leer baadjies
• Gebruik ‘n sagte wit lap en wit Johnson’s babaseep om jou leerbaadjie se nek en moue skoon te maak. Moenie die lap baie nat maak nie, vryf seep aan die lap en vryf oor die vuil merke.
• Spuit meubelpolitoer (Mr Min) aan sagte lap, en vryf kolle en merke van krae en moue af.

Lipstiffie
• Vryf merk liggies met wit asyn of suurlemoensap.
• Vryf met gliserien en week vir ‘n paar uur.
• Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was.
• Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.

Linne
• Warm seepwater is die beste raad vir vlekke op tafellinne.
• Om linnegoed wit te maak. Sny ‘n dik skyf van ‘n skoongemaakte suurlemoen. Sit dit saam met die linne in ‘n pot as dit gekook word. Die suurlemoen neem al die vlekke uit die linne uit en maak dit mooi wit.
• Teevlekke kan van die teekleed verwyder word met gelyke hoeveelhede gliserien en geel van eier. Laat droog word en was af met koue water.
• Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder.

Mercurochrome
• Domestos (Toets eers!)
• Vryf met onverdunde Handy Andy op 'n sponsie en was daarna met skoon water.
• Milton haal ook uit.

Mostert
• Meng 1 eetl wasgoedpoeier met kwart kop warm water, week kol oornag daarin, en was soos normaalweg.
• Gooi bietjie Sunlight liquid oor kol, vryf liggies, en week oornag in koue water, was dan soos gewoonlik.

Modder/Grond
• Was in water waarin aartappels gekook is.
• Vryf met sunlightseep, laat rukkie in die son lê, was dan gewoonweg.
• Prepsol Engin Cleaner werk baie goed.
• Wit Lux seep haal moddervlekke uit.

Rooigrond (wit rugbybroeke)
• Smeer dik met groen Sunlight seep en laat lê in son tot broek droog is. Druk weer in water in vryf aanhoudend. Kom mooi skoon.
• Domestos. Meng dit met bietjie wasgoedseep.
• Week in Sterri Nappy oornag.

Olie, Vet, Ghries, Diesel vlekke
• Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol (NIE Savlon) vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Dit laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon.
• Laat klere in Boraks water soak vir paar uur, was dan gewoonweg.
• Was vlekke met Handy Andy - haal dit onmiddellik uit. Gooi Handy Andy by wasgoed, sal klere spierwit maak en oliekolle en hardnekkige vlekke verwyder
• Spuit met haarsproei (die blik soort met alkohol in) . Werk regtig.
• Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word.
• Spuit Doom (groen blik) op vlekke, vryf goed en was.
• As jy olie op jou klere gemors het spuit Doom daarop en stryk dit net so ongewas dit vat die olie uit die klere uit en daarna kan jy dit was.
 
Oorpakke:
• Gooi bietjie paraffien by die water waarin die oorpakke geweek word. As dit baie vuil is kan tot 250ml paraffien bygevoeg word.
• Week in Sanpic of Pine Gel (groen ene) en was dan normaalweg. Verwyder vuilheid en reuk.
• Gooi Coke oor – laat le vir ‘n uur en was.

Onderlaag
Handy Andy. Dit werk regtig! Gooi Handy Andy op plek, vryf goed en was dan met gewone wasgoed. Moenie staysoft gebruik nie, gebruik asyn in laaste uitspoelwater.

Parfuum vlekke
Werk Gliserine met ‘n sagte borsel in die materiaal in en spoel uit met warm water.

Roesmerke
  4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie dettol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
• Deurweek merke met mengsel van suurlemoensap en sout, en hou dan die merke oor die stoom van ‘n ketel, of laat bleik in die son.
• Mengsel van lemoensap en sout sal roes uit linne haal. Vryf mengsel aan kol en laat staan vir een uur. Was met Sunlightseep.
• Vryf met ‘n pasta van suurlemoensap en sout en bleik in die son -Kook in ‘n oplossing van 60ml wynsteensuur by 500ml water.
• Kook in ‘n oplossing van 60ml wynsteensuur by 500ml water.
• Gelyke dele sout en wynsteensuur. Maak die kol nat, en bedek dan dik met mengsel, en hang dan in die son vir ‘n paar uur. Was dan normaalweg.
• Gooi koeksoda op kol. Druk suurlemoensap bo-oor. Laat staan tot droog. As kol nog nie uit is, herhaal.
• As jy roes vlekke op klere het, kan jy die kolle vryf met `n stuk tamatie. Was daarna soos normaal. Die vlekke sal verdwyn. As dit dalk hardnekkige vlekke is, herhaal net dieselfde proses tot die vlekke heeltemal verdwyn.
• Gooi asyn oor die roeskol, vryf dan growwe sout in die vlek in (gewone tafelsout sal ook doen). Plaas kledingstuk in die son om droog te word, en was dan soos gewoonlik.

Skroeimerke (Strykyster)
• Doop in verdunde peroksied en vryf dan die skroeimerk. Stryk dan oor dit met ‘n strykyster en die merk sal verdwyn.
• Vryf met ‘n stukkie ui, en week dan in water.
• Spoel dadelik met koue lopende water. Spons met Borax en water.
• Maak merk baie nat en smeer goed met sunlightseep. Vryf liggies tot die merk vol skuim is, sprinkel die skuimerige merk vol wynsteensuur, en hang kledingstuk in direkte sonlig waar daar nie wind waai nie, anders word dit te gou droog. Die merk sal geleidelik verdwyn.

Sjokolade
• Skraap af wat jy kan met ‘n mes, spoel met koue water. Spons die agterkant van die vlek met enige vlekverwyderaar. Wit asyn kan ook gebruik word.
• Meng 4 eetl Boraks met 2 ½ kop warm water, en week kol daarin. Spoel dan af met koue lopende water. As merk nog wys, vryf met Sunlightseep, en was soos normaalweg.
• Week in Sodawater vir ‘n paar uur en was dan gewoonweg.

Staysoft merke
• Was weer en spoel in asyn en engelse sout (epsom salt) water. Moenie staysoft gebruik nie.
• Probeer die groen blok sunlight seep vryf goed in die vlek en los ‘n rukkie en was dan.
• Dep die vlek met wit asyn. Los dit 'n rukkie en was dan.
• Gooi n halwe koppie wit asyn in afspoel water, moenie staysoft gebruik nie.
• Moet nooit staysoft gebruik by wit of ligte kleure nie, gebruik asyn in jou laaste afspoelwater, of maak altyd doodseker jou staysoft is baie goed opgelos deur warm water by te voeg en goed te roer voordat dit by die afspoelwater gegooi word.

Suede skoene
• Doop lappie in wit asyn, en poets die merke uit.
• Olie kolle op suede skoene kan verwyder word dit te vryf met ‘n skoon lap wat in gliserien gedoop is.
• Meltonian se Suede & Nubuck Renovator, spuit net op en skoen lyk weer nuut. In baie kleure beskikbaar. (Pick en Pay)

Sweet merke
• Hardnekkige sweetvlekke op wit klere kan ook met aspirien verwyder word. Los drie aspirien tablette op in warm water en week die vlek daarin vir ‘n paar uur. Was dan soos normaal.
• Spuit suurlemoen Handy Andy op die vlekke, vryf dit bietjie en was dan. Vat daai geel vlekke heeltemal weg.
• 4 liter louerige water, 1eetlepel koeksoda, `n halwe koppie asyn en so bietjie meer as `n proppie detol. Week omtrent `n uur, gooi alles net so in wasmasjien en was.
• Detol (nie savlon) haal enige kol uit! Wend skoon aan en vryf die materiaal liggies tussen jou vingers. Vir hardnekkige vlekke herhaal paar keer! Dit haal tot kar olie uit klere!
• Smeer Handy Andy en Sodawater aan merke, week ‘n uur, en was dan normaalweg.
• Meng een deel Sunlight liquid of Handy Andy met 2 dele Hydrogene Peroxide Solution. Gooi oor vlekke en laat staan vir ‘n uur. Vir hardnekkige vlekke kan 2 eetl koeksoda bygevoeg word en liggies gevryf word. Was normaal. Die kolle verdwyn soos magic!
• Gebruik sommer die wasbak en week die kledingstuk in vuur warm water en ´n koppie wit asyn. Gebruik ´n houtlepel om dit nou en dan om te roer. Week dit vir 1 uur en was dan soos gewoonlik.
• Probeer so van hardnekkige sweetvlekke ontslae raak op wit kledingstukke: Meng een deel water met vier dele waspoeier en smeer dit aan die plekke (aan die binnekant van die klere). Laat dit vir een uur staan en borsel dan liggies. Spoel die kledingstuk skoon met koue water. Week dit dan oornag in koue water gemeng met vier eetlepels waspoeier. Was dan soos normaalweg.

Teer op klere
• Teerkolle op klere kan verwyder word deur bloekomolie op die kolle te smeer en dit daarna met warm water te was.
• Deurweek merk met gliserien. Laat dan in Benzine week, voordat gewas word met water waarby ammoniak gevoeg is.

Uriene merke
Was in louwarm water. Spons enige oorblywende merke met mensel van een eetl asyn op twee koppies water.

Verf aan klere
PVA: Om verf van gekleurde materiaal te verwyder, doop die kol in terpentyn, vryf, en doop dan in ammoniak, vryf weer en was dan in warm water.
Olie verf: Behandel so gou as moontlik! Dep met wit Spiritus, en was dan soos gewoonlik.

Vetkryt uit materiaal
• Krap die meeste af met mes, neem dan bloekomolie om mee skoon te maak.
• Vryf asyn in die merke in met ‘n ou tandeborsel. Was dan soos gewoonlik.

 Vrugte vlekke
• Gooi dadelik sout oor. Week in seepwater waarby Borax gegooi is. 
• Week in koue water, vryf dan met spiritus.
• Gooi suurlemoensap oor voordat gewas word.
• Vlekke op nie-wasbare materiaal kan met wit asyn verwyder word. Behandel slegs die vlek, en  vee dan af met klam doek.
• Week in ‘n sterk oplossing van Boraks, was dan gewoonweg.
• Maak vlek nat met water, vryf met Boraks, en gooi dan kokende water deur die vlek.

Vrugte Vlekke (Berries, moerbeie, ens)
NB: nie vir wol nie,maar werk baie goed op katoen, katoen mengsels en nylon.
• Strek die materiaal oor ‘n groot bak, bv staal wasbak of emmer - nie plastiek nie. Verhit ongeveer  3ℓ water tot kookpunt, en gooi versigtig!! vanaf ‘n hoogte van (45cm) (belangrik!) oor die vlek. Hou aan tot die vlek verdwyn het. (Die geheim is in die hitte gekombineer met die hoogte vanwaar die water gegooi word!) Dit werk fantasties! Onthou net hoe gouer jy vlek kan verwyder hoe makliker is dit.

Vlekke (hardnekkige, gesette)
• Week vlekke in wit asyn. Vryf dan met ‘n pasta van asyn en koeksoda. As die vlek steeds volhard, voeg ‘n paar eetlepels asyn en wasgoedpoeier in ‘n houer met water en laat oornag staan. Spoel en was.
• Vir hardnekkige vlekke, strek die kledingstuk oor ‘n bak, met die kol in die middel. Gooi wit asyn drie keer deur die vlek, was dan normaalweg. Jy ook die vlek in warm asyn doop, en laat staan dit dan vir ‘n paar uur, voordat dit gewas word.

Wit klere wat gevlek is deur saam met ander klere te was
• Miracle vlekverwyderings middel: Meng 1 kop sunlight Liquid, 1 kop Jik en 7 teel koeksoda op 2 liter warm water. Spuit op vlekke en laat staan ‘n paar minute. Was soos gewoonlik. Vlekke weg!!
• Meng 4 eetlepels koeksoda met 1 koppie wit asyn en meng met kook water. Gooi klere in en week vir ten minste 3 ure. Was dan normaal weg.
• Week dit in Sterri Nappi oornag. Gooi dan ook Sterri Nappi saam met waspoeier in wasmasjien as jy dit was. Dit was katoene, wolle, ens. en dit het niks skade aan die klere aangebring nie, maar die klere is so wit soos kan kom.
• Maak pasta van gelyke dele koeksoda en OMO waspoeier, gooi 'n bietjie Methylited Spirits by om die pasta te voltooi.....smeer dit oor alle kolle/vlekke en vryf dit bietjie in, los dit oornag net so, moenie week nie en was dan.
• Smeer dik met sunlighseep, en hang ‘n paar uur in son op om droog te word, was dan gewoonweg.
• Smeer kledingstuk goed in met groen koekie sunlight. Gooi 4 eetl koeksoda en 1k wit asyn in water. Druk kledingstuk onder baie warm water. Roer nou en dan. Week so 3ure. Jy sal verbaas wees wat haal koeksoda en asyn uit jou klere uit.
• Handy Andy haal vlekke baie goed uit. Gooi by wasgoed.
• Week in Domestos (slegs vir wit klere)
• Meng 4 eetlepels Koeksoda met 1 koppie wit asyn en meng met kook water. Gooi sokkies of klere in en week vir ten minste 3 ure. Was dan normaal weg.

Kledingstukke waarvan die kleure deurmekaar gevlek het
• Laat kledingstukke oornag week in water waarin 4 pakkies Engelse sout opgelos is.

Wyn
• Gooi wit wyn op rooi wyn, of wit asyn, en dan gewone wit tafel sout bo oor. Laat staan vir so uur, vryf bietjie en was normaal.
• Gooi dadelik soda water op vlek.
• Week kledingstuk in mengsel van een eetl borax op 500ml warm water, voordat gewas word.
• Hou kledingstuk met vars vlek oor ‘n bak en gooi kookwater deur die vlek.
• Vryf met mengsel van suurlemoensap en sout