Sunday 13 April 2014

MAASKAASTERT




Naomi le Roux
 
MAASKAASTERT
Die lekkerste maaskaastert wat daar is....
Kors:
200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
100 ml gesmelte botter
Vulsel:
2 x 230 g gladde maaskaas
250 ml room

250 ml strooisuiker
100 ml suurlemoensap
15 ml gelatien
KORS:
Maak die beskuitjies fyn en meng dit met die gesmelte botter.
Druk dit op die boom en teen die kante van 'n gesmeerde
losboompan van 22 cm. Verkoel tot benodig.
VULSEL:
Klits die maaskaas, room en strooisuiker tot glad. Verhit die suurlemoensap tot net onder kookpunt... verwyder van die hitte... en strooi die gelatien oor. Roer tot opgelos. Voeg dit by die maaskaasmengsel en roer deur.
Giet die vulsel versigtig in die kors en verkoel oornag... Versier met vars vrugte -of smeer suurlemoensmeer (Lemon Curd) oor. Bêre in yskas tot benodig. Lewer 12 porsies.