Tuisgemaakte twee-kaas reënboogbrood
Saamgestel deur: Orscilla Hitchcock en Ronel TheronPorsies: 1 middelslag brood
Bestanddele
Kaasbroodjie
500 g wit koekmeelblom
7 g kitsgis
5 ml sout
5 ml suiker
125 ml gerasperde cheddarkaas
125 ml gerasperde parmesaankaas
250 ml louwarm water
Tamatiesneeu
175 ml tamatiesap
7 ml suurlemoenskil
25 ml suurlemoensap
30 ml witsuiker
2 ml Tabasco
Sout en peper na smaak
10 g gelatien en bietjie water
2 eierwitte
Olyftapenade
85 g ontpitte olywe
35 g kappertjiesade
25 g ansjovis fillette
10 g vars kruisementblare
½ suurlemoen se sap en skil
20 ml olyfolie
Koljanderpestoroom
125 ml vars koljanderblare
1 knoffelhuisie
30 g dennepitte
20 g gerasperde parmesaankaas
Sout na smaak
20 – 25 ml olyfolie
170 g Mascarpone
Instruksies
Kaasbroodjie1. Voorverhit die oond tot 180ºC
2. Smeer ‘n 23 cm broodpannetjie.
3. Plaas die meel in ‘n mengbak saam met die gis en meng goed.
4. Voeg sout, suiker en beide kase by en meng goed deur.
5. Voeg die louwarm water by en knie alles deur ±10 – 15 minute totdat die deeg elasties is.
6. Laat rys in ‘n broodpannetjie tot amper dubbel die grootte.
7. Bak vir ± 1 uur tot gaar en bruin. Die brood moet ‘n hol geluid maak as jy teen hom klop. Keer dadelik uit sodat dit kan afkoel.
Tamatiesneeu
1. Meng alles behalwe die gelatien en eierwitte in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt.
2. Smelt die gelatien in die water en voeg by die warm tamatiemengsel. Meng goed deur en koel af tot kamertemperatuur.
3. Klits die eierwitte styf en vou in by die tamatiemengsel.
4. Verkoel in die yskas in ‘n klein broodpannetjie tot nodig.
Olyftapenade
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot medium fyn. Hou eenkant.
Koljanderpestoroom
1. Plaaa alles behalwe die Mascarpone in ‘n voedselverwerker en maak goed fyn.
2. Meng die Mascarpone by.