Heuningblom ystee
JF van der Westhuizen en Renette VoslooPorsies: 1 liter
Bestanddele
3 eetlepels heuningblomtee, toegebind in ‘n moeseliensakkie2 cm vars gemmer, in dun skyfies gesny
300 ml kookwater
2 suurlemoene se sap
100 ml strooisuiker
1 rooi “Pink Lady” appel, in dun skyfies gesny
1 takkie kruisement
1 lemmetjie in fyn skyfies gesny
300 ml gemmerlimonade (Ginger Ale)
Instruksies
1. Trek die tee saam met die gemmer in kookwater en laat staan eenkant om af te koel. Verwyder die moeseliensakkie voor die ander bestanddele bykom.2. Meng die suurlemoensap en suiker, laat staan vir ongeveer 1 uur tot alles gesmelt is. Roer af en toe.
3. Meng die tee, suurlemoenstroop en vrugte. Sny die gemmerstukkies in repies en plaas terug in die tee. Kneus die kruisement liggies en dompel onder met ysblokkies in die tee.
4. Net voor opdiening vul ‘n fles of beker aan met gemmerlimonade en nog varsgebreekte ysblokkies.
Dit sal mooi vertoon in glase wat met ‘n suikerrandjie versier is.