Dadel-heuningbosteebrood met gekarameliseerde pere
Orscilla Hitchcock en Ronel Theron
Porsies: 1 mediumgrootte broodjie
Bestanddele
Dadelbrood250 g dadels, ontpit
125 ml sterk heuningbostee
125 ml peersap
5 ml koeksoda
125 ml grofgekapte neute van jou keuse
1 peer
250 ml witsuiker
65 ml botter
2 groot eiers
500 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml sout
Gekaramelliseerde pere
2 pere
125 ml suiker
65 ml botter
Knippie sout
Instruksies
Dadelbrood1. Voorverhit die oond tot 180ºC.
2. Smeer ‘n 23 cm broodpannetjie.
3. Verhit die peersap tesame met die heuningbostee in ‘n klein kastrolletjie.
4. Plaas dadels in ‘n voedselverwerker, voeg warm teemengsel by en verwerk tot fyn.
5. Gooi die koeksoda by en meng goed deur.
6. Voeg die fyn neute by.
7. Kap die helfte van die peer in fyn blokkies en plaas dit ook by. Hou eenkant.
8. Room die botter en die suiker saam tot sag en lig, voeg die eiers een vir een by en meng goed.
9. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou by die eiermengsel in.
10. Voeg die warm dadelmengsel by en meng goed deur.
11. Gooi uit in die voorbereide pannetjie en bak dadelik vir ± 1 uur tot gaar.
Gekaramelliseerde pere
Plaas alles saam in ‘n klein pannetjie en karamelliseer stadig oor lae hitte. Hou eenkant vir versiering.