Ouma Retha se Soesies (Poffertjies) met Peppermint Crisp Mousse
Jay Oelofse en LeRoux van Vuuren
Porsies: 15 Porsies
Bestanddele
Poffertjies½ koppie koekmeel
½ koppie water
50 g botter
2 groot eiers
Knippie sout
“Peppermint crisp” mousse
1 Peppermint crisp sjokolade
1 eetlepel brandewyn
2 druppels vanieljegeursel
2 eiers geskei
1 eetlepel strooisuiker
5 ml suurlemoensap
Instruksies
Poffertjies1. Voorverhit oond tot 200ºC.
2.Bring botter en water tot kookpunt.
3. Terwyl dit kook, roer die meel in tot die mengsel van die kant van die kastrol loskom.
4. Laat die mengsel bietjie afkoel.
5. Gooi dan die eiers een vir een by en klits deeglik.
6. Plaas die mengsel in ‘n spuitsak en druk klein poffertjies uit op ‘n bakplaat.
7. Sprinkel ‘n bietjie water in die oond, die stoom sal help om die poffertjies beter te laat rys.
8. Bak vir 10 minute en draai die poffertjies op hulle sye en steek ‘n gaatjie aan die onderkant.
Sprinkel die oond met nog ‘n bietjie water en bak vir nog 10 minute.
“Peppermint crisp” mousse
1. Smelt sjokolade in ‘n dubbelkastrol oor kookwater.
2. Voeg brandewyn en vanieljegeursel by en haal van die stoof af.
3. Klits eiergele en voeg by.
4. Plaas weer oor kookwater en roer tot net dik. Haal van stoof an laat effens afkoel.
5. Klits eierwitte styf. Voeg suurlemoensap en strooisuiker bietjie vir bietjie by.
6. Vou een derde van die eierwitte by sjokolademengsel tot goed gemeng.
7. Vou nou versigtig die mengsel by die orige eierwitte. Verkoel.