Wednesday 16 April 2014

Piesang-wortelkoek




Piesang-wortelkoek

Bestanddele

500 ml (2 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
10 ml (2 t) koeksoda
3 ml (½ t) sout
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) gemengde speserye
250 ml (1 k) strooisuiker

4 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) kookolie
3 groot piesangs, fyngedruk (250 ml)
500 ml (2 k) grofgerasperde wortels (so 3 groot)
Roomkaasversiersel
80 g sagte botter of margarien
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
125 g gladde maaskaas
5 ml (1 t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) gekapte neute vir versiering

Metode

1. Sif meel, bakpoeier, koeksoda, sout en speserye saam. Voeg suiker by.
2. Klits die eiers en olie saam. Voeg by die droë bestanddele, om die beurt met die piesangs en wortels.
3. Keer uit in ’n gesmeerde 23 cm-losboomkoekpan. Bak vir omtrent 60 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C. Koel effens af in pan voordat dit uitgekeer word op ’n afkoelrak om verder af te koel.
4. Versiering: Klits die botter en versiersuiker goed saam. Voeg die roomkaas en geursel by en klits net liggies tot gemeng en glad. Moenie oormeng nie, want dan raak die versiering loperig.
5. Versier bokant van koek en sprinkel met gekapte neute.
Variasies
Laat die versiering weg en sprinkel net versiersuiker bo-oor.
Die piesangs kan deur 250 ml (1 k) gerasperde wortels vervang word.


Ronel Dunn:  sorg net dat jy 'n blikke fyn pynappel in jou resep sit. Dit gee heerlik geur en klamheid aan die koek.