Thursday 17 April 2014

FLUKSE FLORRIE SE VIS (INGELEGDE VIS)




FLUKSE FLORRIE SE VIS (INGELEGDE VIS)
Florrie is 'n diabeet en eet gesond, daarom word die vis nie gebraai in olie nie.
Bestanddele...
1 snoek, of stokvis, of geelstert
10 uie, in dun ringe gesny
1 liter bruinasyn

2 eetlepels blatjang
2 eetlepels suiker
2 eetlepels gemengde masala
1 teelepel borrie
5 lourierblare
1 teelepel All Spice (wonderpeper)
sout
Metode
Plaas alles, behalwe die vis in 'n kastrol, en laat dit kook totdat die uie sag raak.
Haal die uie uit die sous en hou eenkant.
Sny die vis in happiegroottes en plaas dit in die warm sous.
Laat dit vir 1 minuut kook.
Haal die vis uit.
Plaas 'n bietjie van die uie onder in 'n glasbak en plaas 'n laag vis bo-op.
Herhaal die lae tot bo.
Gooi die sous oor.
Laat staan in yskas vir 2 dae.