Wednesday 16 April 2014

MAALVLEISPASTEIE



MAALVLEISPASTEIE
BRON: HUISGENOOT
Genoeg vir 4 porsies
20 ml olyfolie...
1 prei, gekap
2 wortels, geskil en gerasper
1 ui, gekap
3 murgpampoentjies, opgesny

2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g maalvleis
75 g lewersmeer
sout en peper na smaak
10 ml suurlemoensap
5 ml vars pietersielie, gekap
500 g botter-skilferkorsdeeg
30 ml melk

Voorverhit die oond tot 200C. Voer n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei. Verhit die olie in n pan en braai die prei, wortels, ui, murgpampoentjies en knoffel saam tot amper gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg dan die lewersmeer by en roer deur. Geur met sout en peper na smaak. Roer die suurlemoensap deur en laat prut die maal-vleismengsel 5min. Voeg die pietersielie by en laat die mengsel
effens afkoel. Rol die skilferkors-deeg uit op n oppervlak wat met meel besprinkel is. Verdeel die deeg in 4 gelyke blokke. Plaas die maalvleismengsel op die onderste
helfte van elke blok deeg. Verf die kante van die deeg liggies met melk. Vou dan die boonste helfte van die deeg oor die onderste helfte met die vulsel in. Druk liggies met ’n vurk op die kante van die pasteie om dit te seël. Plaas die pasteie op die voor-bereide bakplaat en verf weer liggies bo-oor met melk. Plaas in die oond en bak ongeveer 15-20min of tot goudbruin en gaar.