Biltongpatee krakertjie
Orscilla Hitchcock en Ronel TheronPorsies: 20 Porsies
Bestanddele
PateeBotter vir braai
150 g uie, fyngekap
5 g knoffelhuisies, fyngekap
150 g sampioene, dun skyfies gesny
150 g biltongpoeier
250 Mascarpone
3 ml sout
3 ml peper
Krakertjie
170 g cheddarkaas
120 g parmesaan
300 g koekmeel
160 g margarien
20 ml worcestersous
10 ml fyngekapte vars roosmaryn
10 ml poppiesaadjies
100 ml water
2 ingelegde groenvye
Instruksies
Patee1. Braai die uie en sampioene in botter tot sag . Voeg knoffel, sout en peper by. Laat afkoel.
2. Sit sampioenmengsel in voedselverwerker en maak fyn.
3. Skep uit en voeg biltongpoeier en Mascarpone by. Geburik ‘n metaallepel.
Krakertjie
1. Voorverhit oond tot 180ºC.
2. Rasper die cheddarkaas en Parmesaankaas.
3. Plaas koekmeel in ‘n mengbak en rasper margarien by. Vryf dit met die vingers in tot goed gemeng.
4. Voeg al die res van die bestanddele by en meng goed met die hand.
5. Voeg bietjie water by en knie tot ‘n stywerige deeg.
6. Streel bietjie meel op oppervlak en rol met ‘n koekroller uit. Sny in driehoeke.
7. Plaas op bakplaat wat gespuit is en bak vir 10 – 12 minute.
8. Plaas biltongpatee bo-op die krakertjie en strooi bietjie fyn biltong bo-oor en ‘n snytjie groenvy heel bo.