Monday 14 April 2014

Mieliemeel-worsies op stokkies





Mieliemeel-worsies op stokkies
Betandele
250 ml (140 g) snowflake-koekmeel...
15 ml bakpoeier
1 ml sout
160 ml (120 g) mieliemeel
30 ml suiker
1 ekstragroot eier


200 ml melk
30 ml kookolie
8 weense worsies
kookolie vir diepbraai
8 dun houtstokke
1. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg mieliemeel en suiker by.
2. Klits eiers, melk en olie saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed tot beslag glad, dik en klontvry is. Laat sowat 20 minute staan.
3. Verhit olie in ‘n klein swaarboomkastrol.
4. Doop elke worsie in beslag en dompel versigtig in warm olie. Diepbraai in matige olie tot goudbruin. Skep uit olie en dreineer op papierhanddoek. Steek ‘n houtstok in elke worsie en bedien dadelik met tamatiesous indien verkies.
Wenke:
Toets die olie deur ‘n bietjie beslag daarin te giet om seker te maak dat dit warm genoeg is vir braai.
◾Vlakbraai: Giet kookolie in ‘n medium swaarboomkastrol tot in diepte van sowat 5 mm.
◾Diepbraai: Giet kookolie in ‘n klein swaarboomkastrol tot ‘n diepte van sowat 8 mm.
Lewer 8