Monday 14 April 2014

BOERERAAT/WENK VIR DIE DAG




BOERERAAT/WENK VIR DIE DAG
SUNLIGHT SEEP (BAR & LIQUID)
MEDIES:
• SWARTKOPPIES: Koekie groen Sunlightseep. Spoel eers gesig met warm water om porieë oop te ma...ak. Smeer dit aan jou hande, was dan gesig met seephande, spoel af met skoon water. Moet gesig nooit met 'n waslap was nie.
• PUISIES & SWARTKOPPIES: Gesigmasker van groen koekie Sunlightseep. Laat seep week in warm water. Skraap van die buitenste sagte lagie en smeer aan gesig en nek. Los aan tot droog of solank as jy wil en was af. Jy kan met dit slaap ook. Dit droog nie die vel uit nie. Inteendeel dit bevogtig en trek die poree baie mooi toe.
• PITSWEER/BLOEDVINT: Rasper groen sunlight seep (koekie), meng met suiker en smeer dit op. Plak toe met Elastoplast. Dit trek die kwaad uit. Of smelt stukkie sunlightseep en suiker saam in ‘n eetlepel en plaas so warm moontlik op trekpleister en plak toe.
• BRANDWONDE: Smeer Sunlightseep op brandwonde, dit trek die brand uit en help genesing.
• DORINGS: Groen Sunlight seep (koekie) gerasper, suiker en bietjie water om pasta te maak. Smeer op en plak toe met elastoplast pleister, of smeer 'n mengsel van engelse sout, Sunlight seep en vaseline op die plek en plak pleister bo-oor.
• FYT VINGER: Week dikwels in sterk warm soutwater. Maak pasta van Sunlight seep en suiker, maak warm op stoof en smeer dik aan fyt.
• HARDLYWIGHEID: Maak 'n prop (setpil) van groenkoekie Sunlight seep, rol in vorm van setpil en smeer bietjie KY jellie of vaseline aan punt. Trek plastiese sakkie oor vinger en plaas in rektum. Werk byna onmiddellik!
• SPINNEKOP BYT: Groen Sunlight seep (koekie) gerasper, suiker en bietjie water om pasta te maak. Smeer op en plak toe met elastoplast pleister.
• BRANDENDE & PYNLIKE VOETE: Was saans goed en droog af, smeer dan 'n koekie Sunlight seep net so droog aan die sole. Doen dit elke oggend en aand en na so 3 maande sal die voete nie meer brand nie.
• KUNSTANDE: Borsel kunstande met Sunlight seep. Werk beter as tandepasta. Sunlight los die vetterigheid op.
##########
SKOONMAAK:
• BRAS/ BRONS & KOPER: Gooi 'n pakkie wynsteensuur en Sunlight-skottelgoedseep in 'n emmer met warm water. Week die koper daarin vir 'n paar uur. Haal uit en vryf droog. Die oplossing dring in al die hoekies en gleufies in en laat die koper pragtig nuut lyk!
• JUWELE/RINGE:
-Week ringe in kwart koppie ammoniak en ‘n teelepel Sunlight Liquid vir’ n paar uur. Borsel dan met ou tandeborsel en spoel onder lopende koue water.
-Meng 1 teel brandspiritus, 1 teel Sunlight liquid, 1 teel Amoniak in in ‘n souspot, en plaas goue juweliersware daarin. Plaas op stoofplaat tot dit begin kook. Haal af en was skoon onder lopende water met 'n tandeborseltjie!
• GRAS VLEKKE: Vryf groenkoekie Sunlight seep op vlek en laat in son droog word. Was dan soos gewoonlik.
• WIT KLERE:
-Geel vlekke agv te lank stoor: Maak die klere nat en smeer hulle behoorlik met koekie Sunlight seep. Jy moet smeer en smeer totdat die wit skuimbolle verskyn. Laat lê dit so nat vir 2 of drie dae. (Moenie weer water by tap nie - die seep kan maar so droog word in die klere). Was dit dan normaalweg.
-Wit klere wat gevlek is deur saam met ander klere te was: Gebruik baie warm water. Smeer kledingstuk goed in met groen koekie sunlight. Gooi 4 eetl koeksoda en 1k wit asyn in water. Druk kledingstuk onder water. Roer nou en dan. Week so 3 ure. Jy sal verbaas wees wat haal koeksoda en asyn uit jou klere uit.
VLEKKE UIT WIT KLERE TE HAAL: Miracle vlekverwyderings middel: Meng 1 kop sunlight Liquid, 1 kop Jik en 7 teel koeksoda op 2 liter warm water. Spuit op vlekke en laat staan ‘n paar minute. Was soos gewoonlik. Vlekke weg!
• KOELDRANK VLEKKE: Week met Sodawater of Hydroksien Peroksied 30% . Was dan met Sunlight seep.
• MODDER/GROND VLEKKE: Vryf met Sunlightseep, laat rukkie in die son lê, was dan gewoonweg.
• BOOMGOM OP KLERE: Spuit Doom op, los ‘n rukkie en vryf dan met Sunlightseep, was soos gewoonlik.
• DIESEL/OLIE REUK AAN KLERE: Laat lê in oplossing van Boraks water vir paar uur en was dan met Sunlightseep.
• STAYSOFT MERKE OP KLERE: Vryf die groen blok Sunlight seep goed in die vlek en los ‘n rukkie en was dan.
• GEEL SWEET VLEKKE OP KLERE: Meng een deel Sunlight liquid of Handy Andy met 2 dele Hydrogene Peroxide Solution 30%. Gooi oor vlekke en laat staan vir ‘n uur. Vir hardnekkige vlekke kan 2 eetl koeksoda bygevoeg word en liggies gevryf word. Was normaal. Die kolle verdwyn soos magic!
• OLIE OP SEMENT & PLAVEISEL: Gooi Sunlight liquid en kookwater op swart oliekolle, en vee met besem.
• GENTION VIOLET UIT HARE TE VERWYDER: Was hare met Sunlight Liquid seep.
• HAARKLEURSEL UIT KLERE TE HAAL: Spuit haarsproei of Doom aan voordat dit droog word. Was dan met sunlightseep en water.
• HAARKLEURSEL AAN VEL: Sunlight liquid en koeksoda. Meng in pasta vorm, en smeer aan.
• VASELIEN TE VERWYDER:
Hare: Meng koeksoda met Sunlight liquid en was hare, spoel met so warm moontlik water af. Sal nodig wees om 'n paar keer te herhaal.
Lyf: Tap so warm as moontlik water in 'n bad. Meng Koeksoda en Sunlight liquid of net gekonsentreerde suurlemoensap. Smeer aan lyfies met jou hande, herhaal 'n paar keer tot water vrylik afhardloop.
Mure: Skraap af met skraper soveel as moontlik. Vee af met kombuispapier, was met Sunlight liquid.
Klere: Vryf goed met Sunlight liquid in, en was in so warm as moontlik warm water. Nog beter as jy dit kan kook in kookwater in 'n pot op die stoof. Roer met houtlepel, terwyl dit kook vir 'n paar minute.
• VERF, GOM OF OLIE AAN HANDE?: As jy verf of 'n baie taai stof op jou hande het, skrop hulle met 'n mengsel van kookolie en suiker. Dit sal dadelik afkom! Jy kan ook suiker by Handy Andy of Sunlight skottelgoedseep gooi.
• GLASE WAT VAAL IS VAN SKOTTELGOEDWASSER: Week in ‘n bak met onverdunde wit asyn vir half uur. Spoel af onder koue lopende water, en vryf droog. Indien nog steeds vaal, week vir halfuur in wasbak warm water waarby goeie hoeveelheid groen Sunlight seep en ‘n bietjie Jik of Domestos gevoeg is, spoel dan af onder koue lopende water.
• ALLUMINIUM POTTE EN PANNE BLINK TE MAAK: Gebruik wit asyn en koekie sunlight seep en skuur met staalwol. (Nie vir Stainless steel potte)
• POT WAT AANGEBRAND HET: Spuit Sunlight liquid aan en laat oornag staan. Dit laat ook potte weer baie mooi skoon en blink!
• KALKDRUPPELS TEEN RUITE EN TEELS:
-Meng 1 koppie wit asyn (maak warm in mikrogolfoond vir so 2 na 3 minute en 1 koppie Sunlight liquid in 'n spuitbottel en spuit op stortdeur. Laat staan so 2 minute en gebruik sagte sponsie om skoon te maak. Spoel af met lou water. Gebruik koerantpapier in bol gerol om die stortdeur of vensters blink te vryf.
-Meng een teel Boraks, een teel wassoda (nie seepsoda!), halwe kop asyn eneen eetl Sunlight liquidseep in ‘n spuitbottel. Voeg warm water by en spuit jou stort met die mengsel. Los aan vir ongeveer 15 min en vee dan af.
-Was teels met Jik en Sunlightseep.
• WATER VLEKKE TEEN TEELS: Maak n pasta aan van: 1 liter warm water, 3 eetlepels Sunlight Liquid, 2 eetlepels Wynsteensuur (Tartaric Acid). Smeer teels met pasta en laat n rukkie staan. Vee af met skoon warm water en vryf op.
• STRYKYSTER AANPAKSELS: Vir yster wat klewerig is en vassit aan materiaal, smeer koekie Sunlight seep aan onderkant van yster en vryf af.
• STRYK YSTER SKROEIMERKE AAN KLERE: Maak merk baie nat en smeer goed met Sunlightseep. Vryf liggies tot die merk vol skuim is, sprinkel die skuimerige merk vol Wynsteensuur, en hang kledingstuk in direkte sonlig waar daar nie wind waai nie, anders word dit te gou droog. Die merk sal geleidelik verdwyn.
• OOND SKOONMAAKMIDDEL: Gelyke dele Sunlight liquid, Spirits en Dettol. Meng deur en smeer die oond – laat staan vir ‘n rukkie. Vee af. Wees versigtig – dit is ‘n baie skerp mengsel. Dit slaan maklik jou asem weg.
• VLOER TEELS: Vir spotless vloere gebruik SLEGS die volgende:
Heavy Duty Vloerteel Reiniger:
¼ kop wit asyn
1 eetl sunlight liquid seep
¼ kop koeksoda
7.5 liter baie warm kraan water
Was vloere hiermee, maak vloere silwerskoon en ruik heerlik vars.
• GRANIET & MARMER:
-Vee marmer af met Sunlight liquid seep op 'n nat lappie, sonder om lappie te laat skuim. Vee so 2 min later met droeë lap af. Blad blink lieflik mooi.
-Graniet Skoonmaakmengsel: kwart kop Rubbing Alkohol, 3 druppels sunlight skottelgoedseep, 2 kop water, 5-6 druppels essensiele olie (enige geur). Meng alles liggies in ‘n spreibottel, en maak graniet oppervlaktes skoon.
• MATTE:
1) Meng gelyke dele Amoniak, Sunlight liquid en asyn, verdun met water - kolle op matte se moses!
2) Mat Sjampoe: 1 groot Sunlight Liquid Seep, 1 bottel wit asyn, 1bottel pers spirits, 1groot bottel Ammoniak, 1 botteltjie Bloekomolie. Meng alles saam sonder water, jy gooi water in jou matwasser in soos aangedui op die matwasser. Stofsuig jou matte eers goed voor jy dit was en na dit droog en natuurlik silwerskoon is, stofsuig dit weer!
• MATRASSE: Meng Hydrogen Peroxide 30% of hoër met ‘n paar druppels Sunlight liquid seep, en skrop merk met ‘n ou tandeborsel. Gebruik ‘n skoon lap om merk skoon te dep, laat droog word.
• MUF REUK UIT KASTE TE KRY: Plaas lang stawe groen Sunlight seep in kas.
• MUF REUK UIT MATTE: Meng gelyke dele Amoniak, Sunlight liquid en asyn, verdun met water - mufkolle op matte se moses.
******************
DIERE:
• TWO STEP (ALDICARB/TIMIEK) VERGIFTIGING BY HONDE: Om hond te laat braak, maak ‘n bal van waspoeier en water (die bal moet in verhouding wees met die grootte van die hond) en forseer dit in sy keel af, of spuit met ‘n groot 60 cc spuit ‘n sterk mengsel van Sunlightseep en water in sy keel af.
• HARDLYWIGHEID: Maak 'n "setpil" van 'n stukkie Sunlightseep (groen koekie): rol in vorm van setpil (ongeveer 1cm lank vir katte en kleiner honde, 2 cm lank vir groter honde) en smeer bietjie KY jellie of vaseline aan punt. Trek 'n plastiese sakkie oor jou vinger en plaas in kat/hond se rektum. Werk byna onmiddellik, en gewoonlik is dit al wat nodig is om van die "prop" ontslae te raak.
• MUISHOND REUK AAN HONDE: Meng kwart koppie koeksoda en 50ml waterstof peroksied 30% (hydrogen peroxide), in plastiese houer, voeg by 1 tot 2 teel Sunlight liquid. Vir groter honde kan bietjie lou warm water bygevoeg word. Spons aan pels en vryf deeglik en diep in. Laat aan vir 10 minute, en spoel dan deeglik af. Die mengsel kan op mense, diere, of klere gebruik word. (Belangrik: hierdie mengsel kan nie gestoor word nie, moenie in ‘n spreibottel meng nie, want dit kan ontplof! Meng en gebruik dadelik. Doen dit buitenshuis, dra plastiek handskoene en veiligheids bril - honde is geneig om hulself te probeer droogskud) Hou mengsel weg van honde se oë, ore en bek.
• OLIE AAN HOND OF KAT: Gooi baba poeier mildelik oor dier, en vryf goed in die hare in om die meeste olie te absorbeer. Hoe meer hoe beter. Los aan vir so ‘n halfuur, terwyl jy alles regkry vir die bad: Baie Sunlightseep (die pienkerige een werk die beste vir olierigheid), baie warm water en skoon droë, ou handdoeke. Bad nou die dier, en gooi gereeld skoon warm water in bad, totdat die dier skoon is.
INSEKTE & PLAE:
• BOSLUISE & VLOOIE: Om vlooie weg te hou, was honde met Sunlightseep in water waarin 2 proppies Dettol opgelos is.
• VLOOIE & SANDVLOOIE OP MATTE: Meng 5 liter water, 750ml Sunlight Liquid, 1 bottel Scrubs Ammoniak en 50ml Bloekomolie. Verdun mengsel met water indien nodig en was jou matte daarmee.
• VISMOTTE: Raak ontslae van vismotte deur groen blok Sunlightseep te rasper en in die kas/sak waar jy komberse en linne bêre te strooi.
MIET (KALANDERS): Sunlight seep (die groen of geel blok). Sny dit in blokkies en gooi een blokkie in elke kas/rakkie.
• LUISE OP PLANTE: Meng 2 eetlepels suiker, 2 eetlepels spirits, 2 eetlepels wit asyn, 2 eetlepels sunlight liquid in 'n een liter spuit bottel vol water, en spuit plante.
• MUGGIES WAT IN POTPLANTE BROEI: Maak “sticky traps” waarmee jy die muggies vang: Smeer helder GEEL hardbord papier goed met vaselien of heuning, plak dit vas aan ‘n strooitjie of sosatiestokkie en druk oral in die potplante se grond in. Die geel kleur lok die muggies en hulle word so vasgevang. Jy kan ook ‘n mengsel van gelyke dele vaseline en Sunlight liquid skottelgoedseep maak en die geel kaarte daarin druk.
• SPINNEKOPPE: Gooi ‘n paar druppels Pepperment essentionele olie in ‘n spuitbottel, gooi bietjie Sunlight liquid seep by en vul verder met water. Spuit oral waar jy dink hulle kan inkom, bv vensterrame, deurkosyne, ens. Spinnekoppe haat die reuk van peppermint.
• VRUGTE VLIEE: Meng Sunlight liquid met water, en spuit op vrugte elke oggend.
%%%%%%%%%%%
ALGEMEEN:
• TUISGEMAAKTE WASPOEIER RESEP: 250g boraks, 150g wassoda, 140g Oxyclean (jy kan dit uitlaat, maar ek het 'n morsige kind en man), 1 koekie Sunlight seep (groen, pienk of wit), 180g koeksoda. Rasper seep fyn, meng met res van bestanddele en hou in emmer of bottel wat dig sluit. Gebruik 1-2 eetlepels per bondel wasgoed.
• TUISGEMAAKTE WASGOED SEEP: (Hipo allergies en kan op baba klere gebruik word!)
1 gerasperde koekie Sunlight seep opgelos in 1 liter kookwater. Ek smelt dit sommer dan weer in mikrogolf en klits tot al die stukkies weg is. (Het die nuwe pienk, tropical Sunlight blok gebruik, heerlike geur en jy het sommer ‘n pienk produk.) 1koppie wassoda (washing soda) opgelos in 1 liter kookwater. Dit bruis baie! Gooi nou die 2 mengsels in n groot 10L emmer en klits goed saam. Terwyl jy klits tap 8 liter warm water by. Die twee mengsels maak chemiese reaksie en moet n jellieagtige tekstuur maak. Drup nou paar van jou gunsteling olie by bv laventel olie. Laat afkoel en klits nou en dan deur. Gebruik 1 koppie op normale bondel.
• TUISGEMAAKTE SKOTTELGOEDSEEP:
1) 400g waspoeier (seep poeier), 500 ml kookwater, 750 ml Sunlight Liquid, 250 ml brandspiritus, 250 ml suurlemoensap, 5 liter koue water. Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot 'n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoed seep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeier pasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseël dit. (Ongeveer 6 liter)
2) 1 x bottel 750 ml Sunlight liquid, 1 x bottel 750 ml wit asyn, 2 kop Omo opgelos in water.
Meng alles saam in ‘n 5 liter kan en maak vol water. Dis baie dik en skuim pragtig!