Monday 14 April 2014

Paasbolletjiebrood




Paasbolletjiebrood
(10 bolletjies in ’n brood)
◾480 g (860 ml) koekmeel
◾25 ml sagte botter
◾1 pakkie (10 g) kitssuurdeeg...
◾15 ml suiker
◾5 ml sout
◾5 ml fyn kaneel
◾5 ml gemengde speserye
◾3 ml fyn neutmuskaat
◾250 ml louwarm melk

◾1 eier, geklits
◾50 g gemengde skil
◾50 g pekanneute, fyngekap
◾50 g rosyntjies
◾1 eier, geklits om die brood mee te smeer
Kruisies
◾75 ml meel
◾70 ml water
Vryf die sagte botter in die meel in. Voeg die suurdeeg, suiker, kaneel, gemengde speserye, neutmuskaat en sout by. Meng goed. Voeg die eier en melk by om ’n sagte, kniebare deeg te vorm. Knie die deeg goed vir so 5 minute. Voeg die res van die bestanddele behalwe die geklitste eier by en knie weer vir minstens 10 minute. Plaas in ’n groot bak en maak toe met kleefplastiek. Laat die deeg op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys. Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer of spuit ’n broodpan (18 cm x 8 cm). Knie die deeg af en vorm balletjies. Plaas die balletjies styf teen mekaar in die pan. Maak toe met ’n kombuislap. Laat weer rys op ’n warm plek. Maak intussen die kruisie-beslag. Meng die water en meel tot ’n gladde pasta. Maak ’n spuitsak van bakpapier en vul met die beslag. Smeer die brood met die geklitste eiergeel. Spuit ’n kruisie bo-op elke balletjie en plaas die brood in die oond. Bak vir 30 – 35 minute.