Friday 11 April 2014

Mielie- en basielkruidtertjies




Mielie- en basielkruidtertjies


1 blikkie geroomde mielies
1 k Cheddarkaas
2 E suiker
2 E bruismeel
3 groot eiers
1 E gesmelte botter
Handvol basielkruidblare fyngesnipper
Knippie sout
Garnering: Basielkruidblare in olie geflitsbraai.
Tertdop
250g roomkaas
250g botter, by kamertemperatuur
1 t sout
Ongeveer 2 kop koekmeel

Instruksies

Vir die tertjies
Meng alle bestanddele en skep in tertdop* . Bak ongeveer 35-40min by 180gr C. Versier met gebraaide basielkruidblare.
Tertdop
Roomkaasdeeg vir tertdoppe:
Meng die roomkaas, botter en sout. Voeg die meel by tot dit ‘n deeg vorm. Druk dit in tertpannetjie of pan soos verkies vas en bak blind.
Om blind te bak: Druk die deeg dun in die tertpan en sny waspapier dat dit oor die rant van die pan steek. Frommel die waspapier, sit in die pannetjies en plaas bone of rys daarin . Maak gelyk sodat dit in alle hoekies pas. Bak 20min by 180°C, verwyder die papier en bone en bak verdere 7 min tot korsie vorm.
Nou is die tertjies gereed vir die vulsel