Friday 11 April 2014

Aartappelterrien




Aartappelterrien

1kg aartappels
1 klein groen appel, ongeskil in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, klokhuis verwyder en in blokkies gesny
1 medium wortel, grof gerasper
1 ui gerasper
2 selderystingels, gekap
1 t kerriepoeier gemeng met ¼ k mayonnaise
45ml maaskaas
200ml Bulgaarse joghurt
Sout en peper
Garnering: Stokkiestjips

Instruksies

Kook die helfte van die aartappels met skil en al in soutwater tot sag. Skil die ander helfte en sny in 1cm blokkies. Kook in soutwater tot net sag, nie pap nie; dreineer. Verwyder die skille van die ander en druk fyn. Voeg die appel, soetrissie, wortel, ui en seldery by die blokkies aartappel. Voeg die maaskaas, joghurt, mayonnaise, sout, peper en kerriepoeier by die fyn aartappel en meng goed deur. Voeg nou die twee mengsels bymekaar en roer dit met die steel van die houtlepel tot goed gemeng. Werk versigtig dat die blokkies aartappel nie stukkend geroer word nie. Skep in vormbak of broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is en plaas in yskas om te stol. Keer uit op slaaibord en versier met stokkiestjips.
Stokkiestjips:
Sny aartappel in vuurhoutjiedikte stokkies. Skud in mengsel van meel en borrie en braai vinnig in warm olie tot effens verbruin.