Thursday 24 April 2014

Maak jou mikrogolf maklik skoon

Dis nie 'n goeie idee om algemene skoonmaak middels in 'n mikrogolf te gebruik nie.  Hoe meer natuurlik hoe beter en hoe minder jy hoef te skrop en skuur hoe beter vir jou en die mikrogolf. 

So wanneer jy jou mikrogolf wil skoonmaak met min moeite, sit 'n houer met water in die mikrogolf en voeg die sap van so 2 suurlemoene daarby.  Mikrogolf vir so 3 minute op hoog en vee dan uit met 'n warm klam lap.  Maklik.