Thursday 24 April 2014

Blomme wat hulself weer saai in jou tuin

Daar is goeie nuus vir die "minder ywerige tuiniers", wat steeds hou van pragtige blomtuine, maar eenvoudig nie kans sien vir elke jaar nuwe blomme plant nie.  Of dalk sien jy nie kans vir die geld wat jy moet uitgee elke jaar vir nuwe blomplantjies nie.
As jy hierdie jaar die moeite gedoen het om 'n stukkie grond voor te berei en saadjies te saai, mag jy volgende jaar weer beloon word met 'n pragtige blom bedding.  Hier is 4 blomme wat hulself weer sal saai in jou tuin:

1)  Papawers
2)  Ridderspoor
3)  Kosmos
4)  Vygies (Portulaca)