Friday, 25 April 2014

Gemmerbrood soene



Gemmerbrood soene

Linde Watson en Lorraine Swanepoel
Porsies: 12 Porsies

Bestanddele

125 g sagte botter
½ koppie (110g) strooisuiker
1 eier
1/3 koppie (50 g) koekmeel
¼ koppie (35 g) bruismeel
2/3 koppie (100 g) mielieblom
10 ml fyn gemmer
5 ml gemengde speserye
Vulsel
100 g sagte ongesoute botter of margarine
250 g versiersuiker, gesif
1 lemoen se sap en skil
Knippie sout

Instruksies

1. Voorverhit oond tot 200ºC
2. klop die botter en suiker tot lig en romerig in die bak van ‘n elektriesemenger. Voeg die eier by en klop tot net gemeng.
3. Sif die droë bestanddele saam en voeg bietjie vir bietjie by die eiermengsel.
4. Skep die mengsel in ‘n spuitsak, knip die punt van die sak sodat dit ‘n 1 cm opening voor het.
5. Spuit 3 cm grootte sirkels op ‘n gesmeerde bakplaat 3 cm uitmekaar. Bak vir 10 minute of tot goudbruin. Maak soene los van die bakplaat en laat heeltemal afkoel voordat vulsel tussenin gesmeer word.
6. Vir die vulsel: klop die botter en versiersuiker saam tot glad en romerig. Voeg die sap en skil by en klop vir nog 2 minute.
7. Smeer elke soen met die lemoenvulsel en sif versiersuiker bo-oor.