Donker sjokolade soesies (Choux poffertjies)
Linde Watson en Lorraine Swanepoel
Porsies: 15 – 20 poffertjies
Bestanddele
1½ koppies water½ teelepel sout
125 g botter
4 eetlepels koekmeel
3 eiers
Donker sjokolade vla
6 eiergele
60 ml strooisuiker
4 eetlepels kakao
4 eetlepels mielieblom
500 ml melk
2 teelepels vanielje ekstrak
Instruksies
1. Voorverhit oond tot 200ºC.2. Kook water, sout en botter saam.
3. Roer met ‘n houtlepel die kookmeel by tot glad en ‘n bal vorm.
4. Verwyder van hitte en laat afkoel.
5. Plaas eiers een vir een by en roer elke keer baie goed.
6. Berei ‘n bakplaat voor met bakpapier.
7. Gebruik ‘n eetlepel en plaas skeppies van die mengsel op die bakpapier.
8. Sprinkel liggies met water en plaas in die oond.
9. Bak so 20 – 30 minute tot goudbruin.
10. Draai die oondtemperatuur laer tot 120ºC en bak vir nog 10 minute.
Donker sjokolade vla
1. Meng eiergele en suiker goed saam in ‘n mengbak.
2. Voeg meel en kakao by en meng weer goed tot ‘n gladde pasta.
3. Gebruik ‘n medium kastrol en verhit die melk en vanielje ekstrak.
4.Sodra die melk kook, verwyder kastrol van die stoof en plaas bietjie vir bietjie by die eiermengsel. Roer tog glad en sonder klontjies.
5. Plaas weer terug in kastrol en roer heeltyd tot dik.
6. Verwyder van plaat en plaas kleefplastiek teen die vla sodat dit nie ‘n velletjie kan maak nie.