Thursday 17 April 2014

Lekker Potbrood sommer in die oond




Lana van Helsdingen
 
Lekker Potbrood sommer in die oond.
2 Groot Eiers
25ml Stork Marg
500ml Louwarm water
10ml Suiker {Meng eiers,marg, louwarm water en suiker goed saam}
...
10ml "Instant Yeast" {Ek gooi sommer 1 pakkie yeast in wat 10g is}
5ml sout
1 250ml Koekmeel {Sif die meel, sout en yeast saam}
Meng nou die Eierbestandele met die Meelbestandele en knie goed deur totdat die deeg elasties is. Smeer jou pot en deksel goed met botter en strooi dan koekmeel ook bo oor sodat brood nie vassit nie. Plaas jou deeg in jou pot, sit die deksel op en maak toe met plastiek sak en vadoek bo oor om te rys vir 1 uur. As jou deeg tot teenaan deksel gerys het, kan jy dit in jou voorverhitte oond van 180 grade Celsius plaas. Bak sowat 1 uur of totdat brood gaar is. Ek strooi {as ek het} saad bo oor net voor ek dit in die oond druk. Haal uit wanneer gaar om af te koel voor jy dit sny. Lekker vars brood...