Friday, 25 April 2014

Andre Aggassi se botterbroodjies



Andre Aggassi se botterbroodjies

Voorbereiding: 20 minute
Kooktyd: 30 minute
Porsies: 6 - 8 porsies
Bestanddele
Botterbroodjies:
2 koppies koekmeel, ongesif
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
¼ koppie koue botter
genoeg karringmelk om die deeg bymekaar te bring – omtrent ‘n halwe koppie
1 groot eier
Mascarpone vulsel:
1½ koppie mascarpone kaas
1 suurlemoen se skil
½ suurlemoen se sap
¼ teelepel growwe sout
¼ teelepel swart peper
1. Meng alle bestandele saam tot glad.
Groen vy en spek:
6 Ingelegde vye
12 Spek repies
6 Tiemie takkies
4 t Heuning

Instruksies

Oond temp: 200˚C
Botterbroodjies:
Verhit oond tot 200˚C
1. Vryf die botter in die droë bestanddele met vingerpunte tot net gemeng.
2. Voeg vloeistof by en sny in met ‘n paletmes. Moet glad nie die deeg knie nie.
3. Rol deeg uit op gemeelde houtplank tot 2cm dik.
4. Sny 4-5cm sirkels met koekie drukkiers en plaas op gesmeerde oondvaste pan.
5. Smeer die broodjies met geklitste eier mengsel.
6. Bak vir 12 minute en koel ‘n klein bietjie af.
Mascarpone vulsel:
1. Sny vye in die helfte. Draai ‘n repie spek om elke halve vy. Druk in halfve tiemie blaartjie in die spek kombersie.
2. Plaas gerolde vye op ‘n oondvaste bakplaat en gooi so bietjie heuning oor elk een. Rooster vir 15minute op 200˚C of tot spek goudbruin en krakerig is.
Om die botterbroodjies voor te sit:
1. Smeer mascarpone mengsel op deurgesnyde broodjie.
2. Sit spek gerolde vy bo-op.
3. Verwyder tiemie takkie en sit vars takkie bo-op.