Friday, 25 April 2014

Bacon Kips brosbrood met biltongmousse en nartjiesous



Bacon Kips brosbrood met biltongmousse en nartjiesous
Elsa Buys en Johnny Hamman
Porsies: 20 Porsies

Bestanddele

500 ml meel
250 ml Bacon Kips
250 g botter
5 ml rooipeper
5 ml sout
1 eiergeel
125 ml spek
Biltongmousse
125 ml biltongpoeier
200 ml roomkaas
5 gelatienvelle
200 ml room
45 ml suurlemoensap
Nartjiesous
4 nartjies
250 ml suiker

Instruksies

Bediening: spuit biltongmousse bo-op beskuitjie. Spuit ‘n dun straaltjie nartjiesap bo-ooor. Bedien as ‘n tee of southappie.
1. Maak die Bacon Kips fyn met ‘n koekroller.
2. Meng die meel, bacon kips, rooipeper en sout saam. Vryf die botter in die mengsel tot krummels. Voeg laastens die eiergeel by.
3. Braai die spek in die oond tot bruin. Maak dit in ‘n voedselverwerker fyn en voeg by die meelmengsel.
3. Druk die mengsel in ‘n rolkoekpan. Druk gaatjies met ‘n vurk in om stoom te laat ontsnap.
5. Bak tot gaar en bros. Sny in blokkies. Hoe eenkant tot opdiening.
Biltongmousse
1. Verhit die biltongpoeier en roomkaas saam.
2. Week die gelatien in water.
3. Klits die room styf.
4. Meng gelatien met room en voeg by die biltongmengsel.
5. Plaas in die yskas vir 1 uur.
Nartjiesous
Druk die sap uit die nartjies en kook saam met die suiker tot sous verdik. Plaas in ‘n spuitbottel vir opdiening.