Monday 31 March 2014

Plant 'n boom in jou tuin wat nie baie aandag benodig nie


As jy soek na 'n boom vir jou tuin, maar jy het nie lus om elke herfs blare op te hark nie, moet jy beslis kyk na 'n sitrus boom as opsie.
Hulle sal gelukkig groei in 'n vol son posisie in jou tuin en het regtig nie veel aandag nodig nie.
Jy het nie eens nodig om hulle te snoei nie - jy kan hul net los om in hul natuurlike vorm te groei.  Hulle is "evergreens" wat beteken hulle gooi nie hul blare in herfs af nie, maar hulle gaan jou beloon met die heerlikste geur van lemoen bloeisels en daarna vrugte wat jy in jou huis kan gebruik:

Lemoene en/of nartjies vir die kinders
Suurlemoene vir daardie lemon meringue tert
Lemmetjies vir die spesiale drankie
Pomelos vir ontbyt
Of sommer 'n kombinasie van sitrus vir 'n heerlike en maklike marmelade wat jy self kan maak en dan spog by jou vriende en familie.
Plant 'n sitrusboom in jou tuin - jy sal nie spyt wees nie.